‘n Motorfietsryer het verlede Donderdag (2 Oktober) ernstige beserings opgedoen toe sy motorfiets in Somerset-Wes teen ‘n sedan gebots het.
Getuies beweer ‘n BMW-motorfiets het van Strand se rigting op pad na die N2 in Victoriaweg gereis toe ‘n Volkswagen-sedan by die kruising in Victorialinkweg gedraai en die motorfietsryer getref het.
Volgens Kevin Jacobs, ‘n woordvoerder vir die Stad Kaapstad se verkeerdienste, is ‘n verkeersbeampte om 08:20 uitgestuur en het om 08:33 op die ongelukstoneel aangekom. Ambulans- en brand-en-reddingsdienswerkers het hulle na die toneel gehaas.
“Die motorfietsryer het ernstige beserings opgedoen, terwyl die bestuurder van die sedan lig beseer is,” sรช Jacobs.

Derrick Oozenhuizen, die pa van die motorfietsryer, het met DistrictMail & Helderberg Gazette gepraat. Hy het gesรช sy 26-jarige seun is ‘n ervare motorfietsryer en was op pad werk toe, toe die ongeluk gebeur het.
Dit is my grootste vrees dat iets soos hierdie sou gebeur aangesien ek self ‘n motorfietsryer is
verduidelik Oozenhuizen.
Die ongeluk het ‘n vertraging in verkeer veroorsaak aangesien die regterbaan in Victoriaweg na die N2 afgespรชr is, maar die pad is om 10:30 heropen.





You must be logged in to post a comment.