Strand-polisie neem drie mans in hegtenis na dubbele moord in Sercorpark
Strand-polisie neem drie mans in hegtenis na dubbele moord in Sercorpark

Twee stiefpa’s van Somerset-Wes word in afsonderlike verkragtingsake, waarby hul stiefdogters betrek word, aangehou.

In die eerste voorval is ‘n 42-jarige man van Garden Village se borgtogaansoek op Vrydag 19 September deur die Somerset-Wes-landdroshof geweier. Dié stiefpa staan tereg op aanklagte van verkragting van sy elfjarige stiefdogter oor ‘n tydperk van twee jaar.

‘n Klagte is op Maandag 8 September by die Somerset-Wes-polisiekantoor aangemeld, waarna hy homself op Woensdag 10 September aan die betrokke owerhede oorgegee het.

Die uitspraak volg nadat die beskuldigde Vrydag vir ‘n formele borgtogaansoek verskyn het ná sy eerste hofverskyning op Vrydag 12 September.

Die saak is tot Donderdag 6 November vir verdere ondersoek uitgestel. Die 42-jarige sal tot dan aangehou word.

In ‘n afsonderlike voorval het die Somerset-Wes-polisie op dieselfde dag (Maandag 8 September) ‘n 34-jarige man van Sir Lowry’s Pass in hegtenis geneem op aanklagte van die verkragting van sy 13-jarige stiefdogter.

Die tiener beweer die mishandeling deur haar stiefpa het verskeie kere plaasgevind.

Die beskuldigde het vir die eerste keer op Donderdag 11 September in die Somer-set-Wes-landdroshof op die aanklagte verskyn, waar die saak tot Donderdag 18 September uitgestel is nadat hy regshulp versoek het.

Hy het weer Maandag (29 September) in die hof verskyn en die saak is toe vir verdere ondersoek uitgestel. Hy moet weer op Vrydag 28 November in die hof wees.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article