
Kadoshi Judokwai se judokas is hard aan die werk ter voorbereiding vir die Afrika- Kata-kampioenskap, wat van Woensdag 3 tot Saterdag 6 September in Mauritius plaasvind.
Jean en Charl du Toit, wat by die nasionale kompetisie vroeรซr vanjaar goud verwerf het, sal die Proteaspan in Goshin-Jutsu kata verteenwoordig. Hulle word tans deur Kadoshi Judokwai se hoofafrigter, sensei Gert Gouws (self ‘n 7de-Dan-swartgordel) afgerig.
Ilse Reyneke het die voorreg om die Proteas as spanbestuurder te vergesel. Sy is ook die sensei vir die junior judokas by Kadoshi Judokwai.
Kadoshi is vreeslik trots op die judokas en wens hulle alle sterkte toe vir die komende Afrika-Kata-kampioenskap.
Kom deel die passie vir judo deur self by Kadoshi deel te neem โ op die hoek van Lourensford- en Cloetenburgstraat elke Maandag- en Woensdagaand.
๏ฎJunior klasse (4 tot 12 jaar oud) is van 17:00 tot 18:00 en senior klasse (12 jaar en ouer) is van 18:15 tot 19:30. Bel 076โ905โ7380 vir nog inligting.






You must be logged in to post a comment.