Die Helderberger Danie van der Merwe, die trotse aanbieder van Via se nuutste televisieprogram Die Wynmeester, het Donderdagaand (28 Augustus) gaste by ‘n eksklusiewe voorskou van die reeks verwelkom. Die geleentheid het by die gewilde Kusweg-restaurant Prime Wagyu in Strand plaasgevind. Gaste, insluitend familielede, vriende en media-verteenwoordigers, kon die eerste episode in die teenwoordigheid van die onafhanklike wynmakers wat in die program verskyn, geniet. Die Wynmeester is ‘n kompetisieprogram waarin wynmakers in verskeie uitdagings meeding. Die deelnemers se wynkennis en kreatiwiteit word getoets totdat een kampioen gekies word. Saam met Van der Merwe was die medevervaardiger en regisseur, Mandie Barnard, ook teenwoordig vir die spesiale geleentheid. Foto’s: Jamey Gordon
Danie van der Merwe het hierdie spesiale geleentheid met trots saam met sy wynmaker-vriend Arno Smith (links) gedeel. Smith, wat die man agter Arno Smith Wine is, het enkele van sy wyne by die geleentheid aangebied.

Ook teenwoordig was die gevierde jong wynmaker Jasper Wickens, wat die man agter Swerwer Wines is, saam met Nicela en Richardt Frenz.
Die man van die oomblik, Danie van der Merwe (middel), saam met die paartjie Lorna en Chris van Pletzen.
Danie van der Merwe (links) en die plaaslike wynmaker Arno Smith saam met die Maroela Media-joernalis Jhua-Nine Wyrley-Birch en haar gekoesterde vriendin Carien Bloem.
Onder die gaste was Ria Viljoen, Johan en Johlene Strydom saam met kleinding Janique, asook Elaine de Swardt.
Danie van der Merwe (middel) saam met sy ouers, Sakkie en Anita van der Merwe.
Banele Vakele, wynmaker by Tembela Wines, saam met metgesel Yonela Mhlantla.
Danie van der Merwe saam met die voormalige Radio Helderberg-kollega en vriendin Lucia Dramat.
Die wynmaker en wingerdboukundige Clarise Langeveldt saam met haar man, Hannes.
Die trots is duidelik sigbaar op Danie van der Merwe en Mandie Barnard se gesigte terwyl die gaste die eerste episode geniet.
Carmen Stevens, Somerset-Wes-inwoner en die eerste vrou van kleur wat in 1995 gekwalifiseer het as ‘n wynmaker, saam met kollega Deirdrรฉ Vermeuelen. Stevens is die eienaar van Carmen Stevens Wines wat in 2011 op die been gebring is en Vermeuelen werk nou saam met haar as koรถrdineerder van die wynmaatskappy se nie-winsgewende organisasie bekend as The Carmen Stevens Foundation.
Aanbieder Danie van der Merwe nooi kykers uit om op Woensdag 3 September in te skakel vir die premiรจre van Die Wynmeester op Via. Video’s: Jamey Gordon

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article