Die talentvolle pianis Hermanus Schmidt.

‘n Jong pianis van Somerset-Wes is een van slegs 24 opkomende sterre in die land wat as finalis vir die 2025-Nasionale Jeugmusiekkompetisie (NJMK) gekies is.

Die 17-jarige Hermanus Schmidt is die enigste Helderberger wat vir die gesogte musiekkompetisie gekies is. Diรฉ Paul Roos Gimnasium-leerder, wat slegs vyf jaar gelede in die Covid-19-grendeltyd klavier begin speel het, sal hoop om vanjaar sy pad na die top-drie oop te speel nadat hy verlede jaar tot die kompetisie se eindronde deurgedring het.

Die kompetisie word van Maandag 1 tot Saterdag 6 Desember in die Endler-saal in Stellenbosch gehou. Die 24 finaliste is nรก video-oudisies uit 35 inskrywings deur ‘n paneel gevierde musici gekeur.

Die kandidate โ€“ almal tussen 14 en 19 jaar โ€“ sal in diรฉ week lange kompetisie om die prysgeld van R180โ€‰000, die gesogte wentitel sowel as goue, silwer- en bronsmedaljes meeding.

Die kompetisie word oor vier rondes in vyf afdelings vir orkesmusiekinstrumente beslis โ€“ klavier, stryk-, houtblaas-, koperblaas- en ander orkesinstrumente (harp, slagwerk, marimba, xilofoon, ens). Vanjaar kraai die pianiste koning met 11 mededingers, gevolg deur vyf tjelliste, drie saxofoonspelers, twee violiste en ‘n fluit-, hobo- en marimba-speler.

“Die 13 nuwelinge onder vanjaar se deelnemers illustreer die diepte van klassieke musiekonderrig in Suid-Afrika,” sรช prof. Mario Nell, direkteur van die NJMK. “Die drie pilare van hierdie kompetisie is om die land se opkomende klassieke sterre te identifiseer, bloot te stel en te ontwikkel.”

Die deelnemers moet ‘n wye repertoire van hul eie keuse oor die vyf dae lange kompetisie speel. Dit dek verskillende stylperiodes en Suid-Afrikaanse komposisies. Al die deelnemers sal in die eerste twee rondes speel. Daarna sal 12 semi-finaliste in die derde (kwarteinderonde) meeding om die voorste ses musici aan te wys.

Die leidende ses kandidate sal sake op Saterdag 6 Desember by ‘n galakonsert uitspook, met begeleiding deur die Kaapstadse Filharmoniese Orkes (KFO).

Die wenner en finale ranglys van die NJMK word kumulatief oor vier rondes bepaal. Dit is die enigste kompetisie in Suid-Afrika waar die ses finaliste sake vir die louere uitspook en deur die KFO begelei word. Die vierde ronde se galakonsert sal regstreeks op die NJMK se webblad gestroom word.

Die jongste sterre (15 jaar oud) kom uit die Wes-Kaap. Sewe is eerstejaarstudente van die Universiteit van Kaapstad, die Universiteit van Pretoria en die Universiteit Stellenbosch, terwyl die res van die kandidate ‘n verskeidenheid streke verteenwoordig.

Die beoordelaars en kaartjiepryse vir die galakonsert sal nader aan die kompetisie aangekondig word. Toegang tot die eerste drie rondes van 1 tot 4 Desember is gratis.

Die talentvolle pianis Hermanus Schmidt is vanjaar weerโ€‰’nโ€‰finalisโ€‰inโ€‰dieโ€‰Nasionaleโ€‰Jeugmusiekkompetisie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article