Die Jeugbrigade van die Verenigende Gereformeerde kerk Die Strand.

Die Jeugbrigade van die Verenigende Gereformeerde kerk Die Strand het van Vrydag 25 tot 27 Julie sy brigade-naweek vir seuns en meisies aangebied.

Die organiseerders en leiers het hul dank aan alle ondersteuners van die geleentheid uitgespreek.

Die Strand-seunskompanie is op 25 Maart 1926 van stapel gestuur en was, naas die een in Maitland, die tweede brigadekompanie wat in die Kaap gestig is. Dié organisasie vier in Maart 2026 sy 100ste verjaarsdag en is reeds besig met beplanning vir die eeuvierings.

As deel van die voorbereidings bied die brigade op Saterdag 30 Augustus om 18:00 ‘n sangaand by die kerk in Derdestraat in Rusthof aan. Toegang beloop R30 vir volwassenes en R20 vir kinders. Die leierskap nooi ook alle oud-lede wat oor die jare betrokke was om aan die eeuvierings deel te neem deur die huidige offisiere – kapt. Anthony Witbooi by 071 269 0459, kapt. Vanessa Goliath by 082 549 9512 en tweede luitenant Jolene Williams by 072 543 610 – te bel.

The current image has no alternative text. The file name is: tcbrigade_02021.jpg
Hier op die foto met die seuns en meisies is die huidige offisiere wat die brigade lei, sittend (van links) is die seunsoffisierekapelaan Trevor Lennox en kaptein Anthony Witbooi, en die meisiesoffisiere, kaptein Vanessa Goliath en tweede luitenant Jolene Williams.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article