Stadskoor Tygerberg-koorsangers in konsertklere gereed vir "As Long as I have Music" uitvoering by NG kerk.
Stadskoor Tygerberg-koorsangers in konsertklere gereed vir “As Long as I have Music” uitvoering by NG kerk.

Stadskoor Tygerberg-koorsangers in konsertklere gereed vir "As Long as I have Music" uitvoering by NG kerk.
Die Stadskoor Tygerberg, ‘n gemeenskapskoor in die noordelike voorstede, bied op Sondag 17 Augustus om 16:00 ‘n opwindende en opbouende program van koormusiek, getiteld As Long as I have Music, by die Suider-Strand NG kerk, op die hoek van Pienaarstraat en Gordonbaaiweg, aan. Die program bestaan uit ‘n aantal bekende gewyde koorwerke, sowel as ‘n betowerende verskeidenheid gewilde liedere, onder meer “How great Thou art”, “Cantique de Jean Racine” deur die Franse komponis Gabriรซl Faure en “Wie lieblich sind deine Wohnungen” uit die Duitse Requiem deur die komponis Brahms. Gewilde musiek wat uitgevoer sal word, sluit in “As long as I have music”, “Yesterday”, “Asimbonanga”, “You’ve got a friend”, “Autumn Leaves” sowel as ‘n aantal ander liedere. Kaartjies kos R180 (standaard) en R150 (pensioentrekkers, studente en leerders). Kaartjies kan by die deur gekoop word, of bespreek jou plek deur Suzette van Wyk by 083 263 9335 of jfsmvanwyk@gmail.com te kontak.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article