Die Strand-polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord nadat drie mans Sondagoggend (6 Julie) in ‘n skietvoorval in Serkorpark gewond is. Luidens ‘n polisieverslag het die voorval omstreeks 02:00 in Jasminstraat plaasgevind. Die mans – een 18- en twee 23-jariges – is gewond. Een van die slagoffers is na ‘n plaaslike hospitaal vervoer. Die polisie se ondersoek duur voort en ‘n beroep word gedoen op enigiemand met verdere inligting oor die voorval om die Strand-polisiekantoor by 021 854 9100 of 082 850 9628 te skakel.
Somerset West police are seeking assistance to locate the family of a deceased woman. On Thursday 12 June, officers discovered the body of a woman identified as Natasha Brand in an open field in De Beers Avenue, Paardevlei, at 15:30. Police confirmed that the deceased was wearing blue jeans and a white T-shirt when found. An inquest docket has been opened, and anyone with information who could help locate relatives of the deceased is urged to contact Detective Sergeant Selwyn de Koker on 076 522 2174 or 021 850 1322.
Die Strand-polisie is op soek na ‘n verdagte nadat hy na bewering Saterdag 28 Junie ‘n vrou in Gustrouw verkrag het. Die slagoffer was op pad huis toe toe die verdagte haar gegryp, in ‘n wurggreep geplaas en na ‘n oop veld gesleep het, waar die beweerde misdaad plaasgevind het. Die saak is aan die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in Khayelitsha vir verdere ondersoek oorhandig. Die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie, maar kan geïdentifiseer word. Die slagoffer se familie vra privaatheid gedurende hierdie moeilike tyd. Enigiemand met inligting word versoek om die Strand-polisiekantoor by 021 854 9100 of 082 850 9628 te kontak.
Die Somerset-Wes-polisie het ‘n 24-jarige Lwandle-inwoner op Vrydag 27 Junie in Onverwachtweg in hegtenis geneem nadat beamptes, wat in Chris Nissen-park gepatrolleer het, die verdagte voorgekeer, deursoek en 20 Mandrax tablette in sy besit gevind het.
’n Manlike verdagte (38) het in die Strand-landdroshof verskyn nadat hy Vrydag 20 Junie verskeie skote sonder rede in die lug afgevuur het. Die verdagte, wat ‘n wettige vuurwapenlisensie het, kon geen verduideliking vir sy optrede gee nie. Die Lwandle-polisie doen ‘n beroep op vuurwapeneienaars om hul wapens verantwoordelik te hanteer.




