Quintin Daniels in sy SA Rugby-baadjie en -das.

Die wedstryd tussen die Barbarians en Springbokke in die DHL-stadion verlede Saterdag (28 Junie) was teleurstellend, want dit was nie die tradisionele Barbarian-rugby waaraan die publiek deur die jare gewoond geraak het nie.

Ter versagting kan gesรช word dat die gure weer en die feit dat spelers eers laat by die span aangesluit het, ook ‘n invloed op die wedstryd gehad het, want daar was nie genoeg tyd om mekaar te vind en te gel nie.

Sรณ gesels Quintin Daniels van Strand, die eerste bruin Suid-Afrikaanse speler wat in September 1991 vir die Barbarians โ€“ voor eenwording en voordat Suid-Afrika weer tot internasionale sport toegelaat is โ€“ uitgedraf het.

Die ander Suid-Afrikaners wat saam met hom teen Skotland op Murrayfield uitgedraf het, was Andrรฉ Joubert, Wahl Baartman, Guy Kebble en Tom Lawton. Nรก hom het Chester Williams, Breyton Paulse en Cornal Hendricks ook die Barbarians-trui oor die kop getrek.

“Die gure weer het die Barbarians nie in staat gestel om hul gewone aanvallende spel te speel nie, maar aan die ander kant moet bygevoeg word dat die Bokke hulle ook nie toegelaat het om aan die gang te kom nie,”

sรช Daniels.

“Dit was duidelik dat die Barbarians gesukkel het om hul ritme te vind en om op die voorvoet te kom. Blapse deur die losskakel Josh Jacomb het die Barbarians in die eerste helfte gekelder โ€“ alles bydraende faktore tot hul nederlaag van 54-7. As dit ‘n sonnige dag was, kon dinge anders verloop het, want talle jong spelers sou graag wou wys waartoe hulle in staat is.”

HOOGTEPUNTE

Daniels het in die vroeรซ 1980’s as losskakel en senter vir Stellenbosch Coronations uitgedraf. Hy is by Coronations deur Charles Williams, die eerste bruin Junior Springbok en Springbokkeurder, afgerig.

“My provinsiale loopbaan het in 1985 ‘n hupstoot gekry. Ek het vir die Weste- like Provinsie-liga, wat destyds onder die vaandel van Dok Danie Craven se SA rugbyraad geval het, die WP, die Proteas, die SA-A en ook as ‘n Junior Bok uitgedraf. Daardie jaar was gewis die hoogtepunt van my rugbyloopbaan.

“Ek het my rugbyloopbaan by die destydse Strand-liga onder my pa, James, begin en ook by Coronations beland nadat ek vir die WP se Gouebekerspan gekies is, maar die Strand-bestuur ge- weier het dat ek die Gouebekerspan verteenwoordig en klubrugby moes speel. Dรญs toe Williams my genader het om vir Coronations te kom speel,” sรช hy.

Williams het ‘n groot invloed op sy spel op losskakel en senter gehad, omdat Williams ook vir die Proteas teen oorsese spanne in albei posisies diens gedoen het.

“Ek het baie by hom geleer omdat hy kennis van albei posisies gehad het. As ‘n afrigter het hy ons hardlooprugby by Coronations laat speel, soos die 7’s-spelers van vandag. Hy het nie daaraan geglo dat jy jou balbesit wegskop nie. Een uitstaande eienskap van hom was dat jy as speler geweet het waar jy met hom staan. As jy vrot gespeel het, het hy jou dit gesรช, maar ook aanbeveel hoe om volgende keer beter te vaar โ€“ deur uit jou foute te leer.

VEELSYDGE SPELER

“Benewens hom en my pa het my ma, Rebecca, my broer Roger en my vrou, Venessa, my altyd ondersteun. Saam met Dougie Dyers het Williams my nie net as speler gebrei nie, maar ook as jongman ‘n invloed op my persoonlike lewe gehad,” erken hy.

Toe Williams as afrigter by Dyers oorgeneem het, het hy Daniels van losskakel na senter geskuif, want hy het geglo hy kan op senter gouer in die WP- of Springbokspan kom.

“Naas Botha was destyds die nommer-een-losskakel en dit sou nie maklik wees om hom uit daai posisie te lig as ek Springbok wou word nie. Daar was nog ‘n string ander losskakels in die land wat ook hul beurt vir die nr.โ€‰10-trui afgewag het, dus was my kanse beter op senter.”

Nรก eenwording is hy vir die Suidsee-Barbarian-toer gekies, maar moes hom weens ‘n liesbesering onttrek.

“Gelukkig was 1992 nie die einde van my rugbyloopbaan nie. Van 1993 tot 1996 het ek vir die Oostelike Provinsie en van 1997 tot 1999 vir Grens en in 2000 vir Boland uitgedraf. Daarna het ek my stewels opgehang,” sรช Daniels.

“Ek wil net byvoeg ek het in die Barbarianspan ‘n drie gedruk en dis een van my internasionale hoogtepunte en die uitstaande oomblik as Barbarian. In die Skotse span teen wie ons gespeel het, was Scott Hastings, John Jeffrey, Derrick Turnbull en Gary Armstrong. Gavin Hastings het op die bank gesit, want Skotland het toe voorberei vir hul aanslag op die Sesnasiesbeker. Dit was altyd lekker om saam met skrumskakels soos Richard Croy en Rudolph Paulse te speel, want hulle het jou werk as losskakel maklik gemaak,” sรช hy.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article