Die lang wag van ‘n Strandse gesin en nagte van bekommernis het verlede Maandagoggend (23 Junie) tot ‘n gelukkige einde gekom. Hul seun Charlton Houston het omstreeks 01:00 veilig by sy ouerhuis aangekom. Houston, wat sedert 2009 as soldaat by 09 SAI BN in Eersterivier dien, is vroeg in 2024 as deel van die SA Weermag na die Demokratiese Republiek van die Kongo ontplooi. Houston, wat ook in Januarie vanjaar gewond is, is bly om veilig terug te wees in sy gemeenskap en by sy ouerhuis. Hy bedank die gemeenskap en sy gemeente, VGKSA Die Strand, vir gebede en boodskappe gedurende die ontplooiing. ‘n Dankseggingsbiduur is Sondagmiddag (29 Junie) by sy familie-tuiste in Solly Arendseslot, Gustrouw, gehou. Links: Houston saam met sy trotse ma, Ann Housten, kort ná sy terugkeer.
Houston verlede Saterdag (21 Junie) in Bloemfontein ná sy aankoms uit Tanzanië die vorige dag.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article