Danté Driessen, ‘n 22-jarige kragopteller van die Helderberg, het van Vrydag 13 tot Sondag 15 Junie aan die World Powerligting Congress – South Africa nasionale kampioenskap in Benoni deelgeneem. Dié […]

Danté Driessen, ‘n 22-jarige kragopteller van die Helderberg, het van Vrydag 13 tot Sondag 15 Junie aan die World
Powerligting Congress – South Africa nasionale kampioenskap in Benoni deelgeneem. Dié talentevolle atleet het in verskeie afdelings deelgeneem en die eerste plek in die o.100 kg-afdeling behaal. Driessen is ook as die beste junior mansatleet bekroon. In die hurksit-kompetisie het hy 270 kg opgetel, in die bankdruk-afdeling (bench-press) het hy 190 kg gelig en hy het in die dooierus-afdeling 295 kg opgetel. Driessen se deelname aan die kampioenskap was moontlik danksy borgskappe van Vokkies Biltong Strand, San Francisco Spur en verskeie anonieme skenkers. Sy volgende deelname is aan die Wêreld-byeenkoms in Durban in November.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article