Tatum Hector tel rommel op tydens haar Jeugdag-skoonmaakaksie in Macassar terwyl Aleah Williams (11) toekyk
Junior stadsraadslid Tatum Hector tel rommel op tydens haar ‘Youth Day Pull Up and Clean-Up’-inisiatief in Macassar terwyl Aleah kyk.

Tatum Hector tel rommel op tydens haar Jeugdag-skoonmaakaksie in Macassar terwyl Aleah Williams (11) toekyk
Die junior stadsraadslid Tatum Hector het op Jeugdag (Maandag 16 Junie) haar vlagskipgeleentheid, die “Youth Day Pull Up and Clean-Up” in Macassar aangebied. Die geleentheid was daarop gemik om die omgewing skoon te maak en die jeug ‘n kans te gee om verantwoordelikheid vir hul gemeenskap te neem. Vrywilligers het by die Macassar- taxistaanplek begin en deur die woonbuurt beweeg om rommel op te tel. Hierna het deelnemers na die Ou Macassar-burgersentrum beweeg, waar kos aan minderbevoorregtes voorsien is. Die geleentheid is deur die sosialemediabeรฏnvloeder Nadia Booth; subraad 8 se proporsionele verteenwoordigende raadslid, Judy-Ann Stevens; en die plaaslike radiopersoonlikheid Natasha Fick ondersteun. Die skoonmaakoptrede was ‘n sukses en is nog ‘n stap in die regte rigting van Hector se doel om haar titel as junior raadslid te gebruik om positiewe veranderinge in haar gemeenskap te bring. Regs is Hector in skoonmaak-aksie terwyl die 11-jarige Aleah Williams toekyk hoe sy rommel in ‘n vullissak gooi.
Vrywilligers van die Macassar Jeugdag-skoonmaakaksie: Tatum Hector (middel) met haar span en Nadia Booth (voor).
Die span wat die inisiatief moontlik gemaak het. Tauheera Williams, Morelda Hector, Gretchen Louw, die junior stadsraadslid Tatum Hector, Maria Johnson en Lindsay Koopman. Voor: Die TikTok-sensasie Nadia Booth.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article