Gemeentelede en besoekers tydens United in Christ se spesiale Moedersdagdiens in Somerset-Wes.
United in Christ Assemblies het die Somerset-Wes-gemeente se geliefde ma’s op Sondag 11 Mei met ‘n spesiale Moedersdag-diens bederf. Gemeentelede het tot eer van die moeders spesiale boodskappe en skriflesings gedeel, insluitend Spreuke 18:22 wat lui: “Wie ‘n vrou gevind het, het iets goeds gevind en ‘n welgevalle van die Here verkry.” Hul waarde is ook geprys met die woorde: “‘n Vrou wat die Here vrees, is lofwaardig” (Spreuke 31:30). Elke moeder is bederf met ‘n kaartjie en ‘n soetdingetjie. Links is besoekers en gemeentelede wat deel was van die verrigtinge. Agter (van links) is Jamey Gordon, Marcianette Jooste, Chantal Roos en Mavis Raubenheimer; (voor) Joan Thomas en Sophia Klaasen. Die gemeente verwelkom alle besoekers hartlik by hul weeklikse Sondagdienste by die Hoërskool Gordon, waar gemeentelede met warmte in die Here se glorie verkeer en aanbid. Credit: Colin Evans
Martin en Joan Thomas omring deur hul familie tydens United in Christ se Moederdagviering.
Martin Thomas, die stigterspastoor van United in Christ Assemblies, en sy geliefde eggenoot, Joan (middel voor), omring deur hul familie tydens die onlangse Moederdagvieringe. Bo verskyn hul trotse nageslag: Agter (van links) staan hul kleinkinders Kaylin Roos, Jessy Jooste, Tatum Jooste, agterkleindogter Gemma Gordon, Blaze Roos, agterkleinseun Steele Gordon en Jamey Gordon. Voor sit Marcianette Jooste en Chantal Roos. Die spesiale geleentheid het die belangrikheid van familiewaardes en die seën van meerdere geslagte onder een dak beklemtoon. Credit: Colin Evans

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article