Weekend Warrior Grabouw is ‘n familie-gefokusde stadiumwedren, wat ontwerp is om ‘n liefde vir fietsry en die buitelug te bevorder.

Die skilderagtiges roetes in en om Grabouw het lewe gekry toe families, fietsryers en buitelugliefhebbers op Saterdag 12 en Sondag 13 April vir die Weekend Warrior: Grabouw, ‘n twee-dagse viering van bergfietsry, padwedlope en gemeenskapsgees, byeengekom het.

Met 397 inskrywings en ‘n lewendige atmosfeer het die geleentheid weer eens bewys sport kan verenig, inspireer en ophef. Weekend Warrior is ‘n familie-gefokusde fietsren wat ontwerp is om ‘n liefde vir fietsry en die buitelug te bevorder. Deelnemers van alle vaardigheidsvlakke – van kleuters tot ervare ryers – is in ‘n professionele fietsrendorp kompleet met tente, warm storte, ‘n kosplein en die immergewilde Chill Zone gevul met sitsakke, musiek en gelag verwelkom.

Tru-Cape Fruit Marketing, die geleentheid se hoofborg, het die byeenkoms gebruik om aan die gemeenskap terug te gee deur R50 000 aan die Hoërskool Grabouw te skenk en sodoende hul verbintenis tot die ondersteuning van onderwys en ontwikkeling in die streek te herbevestig. “Two-A-Day, ons pakhuis in Grabouw, is een van die grootste werkgewers in die omgewing,” het Conrad Fick, die bemarkingsdirekteur by Tru-Cape, gesê.

“Die Weekend Warrior-MTB-ren is ons manier om aan die plaaslike gemeenskap terug te gee en te help om geleenthede vir skoolkinders in die vallei te skep. Dit bevorder ook plaaslike toerisme – die geleentheid lok honderde besoekers na Grabouw.”

Vanjaar se geleentheid het broodnodige geld vir die skool ingesamel, wat die skenking sal gebruik om ‘n ou laboratorium in ‘n ontwerpklaskamer om te skep. Die skool se dansateljee is in 2022 opgeknap.

“Ons is een van die min skole – die enigste in Grabouw – wat op kuns fokus,” het die skoolhoof, Heroldt Bezuidenhout, gesê. “Dit verg ‘n gemeenskap om ‘n kind groot te maak, maar daardie gemeenskap benodig ondersteuning. Ons vennootskap met Tru-Cape vervul ‘n noodsaaklike rol om ons te help om werklike geleenthede vir ons leerders te skep.”

Ten spyte van ligte reën die naweek, was die geesdrif hoog. Onderwysers het as baanbeamptes by die pret aangesluit en families het blywende herinneringe geskep – veral op die gewilde 10-km-pretrit, waar kinders en ouers saam oor die eindstreep gery het.

“Vir my is die hartroerendste deel altyd om die kleintjies te sien wat die 10-km-rit saam met hul ouers voltooi,” het Bezuidenhout bygevoeg. “Dit is die beste deel – om families te sien wat saam herinneringe maak.”

Die Weekend Warrior-roete het getrou aan sy inklusiewe missie vir alle vaardighede voorsiening gemaak. Ryers kon kies tussen die brons-, silwer- of goue roetes – elk met sy eie mengsel wingerdpaaie, appelboorde en skilderagtige dele rondom die Eikenhofdam.

Hoewel die afstande korter is as sommige ander soortgelyke renne, is daar geen tekort aan uitdaging op die enkelbane of die opdraandes nie, het Shaun Glover van Red Cherry Events, die organiseerder, bygevoeg.

“Dit is ideaal vir beginners tot intermediêre ryers wat op soek is na hul eerste fietsrenervaring.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article