Tatum Hector
Tatum Hector van Macassar is as ‘n 2025- junior raadlid vir die Stad Kaapstad gekies.

‘n Stem van hoop


Tatum Hector van Macassar het groot planne vir haar gemeenskap nadat sy tot die 2025- Junior Stadsraad (JCC) van Kaapstad verkies is.

Tatum was in Maart een van 50 leerders wat as junior raadslede vir een jaar ingesweer is.

Dié gr. 11-leerder aan die Hoërskool De Kuilen se liefde vir haar gemeenskap en ‘n behoefte om te help, het haar aangespoor om vir die JCC, ‘n nie-politieke inisiatief van die Stad Kaapstad vir gr. 10- en gr. 11-leerders, aansoek te doen. Die program bevorder jeugleierskap en burgerlike betrokkenheid deur deelnemers aan die munisipale raad en plaaslike regeringsbedrywighede bloot te stel.

“Tatum het ​onder baie kandidate uitgestaan met haar sterk interpersoonlike vaardighede en omdat sy kon sin maak van die uitdagings in Macassar. Die keurpaneel het geglo die program sal haar bevoordeel en sy sal waarde kan toevoeg”

Raadslid Donovan Nelson, beskermheer van die JCC.

Nelson sê Tatum is weens haar introspeksie gekies – ‘n eienskap wat volgens hom selde onder leerders van haar ouderdom gevind word.

Dié 17-jarige en haar ouers, Morelda en Terrence, was verras toe hulle van haar insluiting verneem. Tatum sal as deel van haar pligte ‘n aktiewe rol in JCC-aktiwiteite speel en maandeliks twee sessies bywoon waarin sy leierskapsopleiding sal ontvang en meer oor plaaslike regering sal leer.

Sy glo sy sal deur middel van die program leer om onafhanklik te dink, terwyl sy ook met Stad-inisiatiewe kennis sal maak. Sy het in April by ‘n geleentheid van die departement menslike nedersettings, wat deur die wyk 109-raadslid Peter Helfrich aangebied is, die eerste keer as junior raadslid in Macassar verskyn.

Carl Pophaim, Tatum Hector en Peter Helfrich.
Raadslid Carl Pophaim (burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings), Tatum Hector (Junior Raadslid) Raadslid Peter Helfrich (Raadslid vir Wyk-109) by Hector se eerste openbare verskyning in Macassar.

Helfrich sê Tatum se insluiting by die JCC is bewys dat Macassar-jeug bo hul omstandigehede kan uitstyg. Hy sal verder mentorskap en ondersteuning aan haar deur haar termyn bied.

Tatum beoog om die jeug positief te beïnvloed.

“Om ‘n junior raadslid te wees is, bloot ‘n titel; dit beteken niks as ek nie werk om die lewensbestaan ​​van my gemeenskap te verbeter nie.”

Tatum Hector junior raadslid

Tatum moet as deel van die program ‘n jeuguitdaging in haar gemeenskap aanpak, maar sy pak twee projekte aan: “Worthy Girls” fokus op meisies se waardigheid en sanitasie, terwyl haar vlagskipprojek “Youth Day Pull Up and Clean-Up” op Jeugdag (16 Junie) by die Macassar-taxistaanplek plaasvind. Sy samel geld in vir al twee en hoop dit kan jaarlikse geleenthede word.

https://www.tiktok.com/@.mobackup/video/7504040425380908293?

Om te skenk of vir meer inligting, bel Tatum se ouers Terrence by 078 604 2406 of Morelda by 062 669 1014.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article