Die Macassar-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) bied môre (Donderdag 8 Mei) ‘n imbizo in dié gebied aan.
Die plaaslike gemeenskap sal tydens die byeenkoms die geleentheid kry om die Macassar-polisie te raadpleeg in verband met probleme weens misdaad.
Die openbare vergadering word vanaf 10:00 tot 13:00 in die ou Macassar-gemeenskapsaal gehou.
Die plaaslike GPF nooi alle inwoners en sake-eienaars van Macassar uit, om deel te neem aan die gesprekke rakende veiligheid en polisiëring in die Macassar-gebied.






