Aanhou-wen
Aanhouwen- werk-en-sorgsentrum vir verstandelik gestremde volwassenes Credit: Barend Williams Credit: Barend Williams

Aanhou-Wen
Heirloom Nursery in Somerset-Wes het verlede Donderdag (17 April) pakkies gevul met lekkernye aan lede van die Aanhouwen- werk-en-sorgsentrum vir verstandelik gestremde volwassenes ter viering van Paasnaweek oorgehandig. Die dag was gevul met glimlagte en vreugde terwyl die inwoners hul heerlike soetgoed geniet het. Die pakkies was propvol skyfies, boksies vrugtesap en natuurlik Paaseiers asook paasbolletjies wat deur Shell Land-en-Zeezicht geskenk is. Jacoline Rossouw, die eienaar van Heirloom Nursery, sรช die inisiatief was om terug te ploeg in die gemeenskap en die lede te voor Paasnaweek te bederf. Sy het ander Helderbergers aangespoor om dieselfde te doen of as vrywilliger hul tyd aan die Aanhouwen-sentrum te skenk. Credit: Barend Williams
Vene Marais ‘n AANHOUWEN-lid geniet haar paasfees pakkie wat geskenk is deur Heirloom Nursey.
As deel van die pret het vrywilliger Ellen Fourie soos die paashaas aangetrek wat veroorsaak het dat Leanne Perry in die lag uitbars.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article