Die Khayelitsha-subdistrik se gemeenskapspolisiรซringsforum (GPF) is hard besig om meer sigbare patrollering te implementeer. Die Macassar- en Strand-GPF het Vrydag 28 Maart tussen 19:00 en 00:00 ‘n gesamentlike optrede in Strand gehou. Die optrede is deur die Strand-polisie, die Stad Kaapstad se wetstoepassers, verkeerslui, Secure Rite Sekuriteit en AM Sekuriteitsdienste asook plaaslike Strand-buurtwagstrukture ondersteun. Tydens die optrede is twee padblokkades opgestel, ses drankinspeksies gedoen, 21 spaza-winkels is besoek, drie sake is geopen, 260 mense en 141 voertuie is deursoek en altesaam is 47 boetes uitgereik ter waarde van R86 300. Die aand is as ‘n sukses beskou en daar word soortgelyke optredes by ander polisiekantore in die sub-distrik binne die volgende ses maande beplan om verhoudings te bou asook om misdaad te bekamp. Op die foto (agter van links) is Henry Arnolds (tesourier), Chris Maduna en Jody Jantjies. Voor: Waseemah Flaendorp (sekretaris), Marlon Solomons (voorsitter van die die Khayelitsha-subdistrik-GPF) en MonaLiza Solomons (openbarebetrekkinge-beampte).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article