Die plaaslike gemeenskapsorganisasie Macassar Our Pride het vir die tweede agtereenvolgende jaar die jaarvergadering van Cape Town TV bygewoon.
Hierdie vergadering het Saterdag 15โMaart by die televisiestasie se ateljee in Observatory plaasgevind.
Macassar Our Pride is verteenwoordig deur Bernice Hendricks en Stuart Afrika. Albei is aanbieders van hierdie organisasie se gewilde geselsprogram Kom Kuier Saam, waartydens onderhoude gevoer word met rolspelers wat ‘n positiewe invloed in Macassar en omliggende gebiede het.
Die organisasie se woordvoerder, Charles Jackson, het aan Distrikspos & Helderberg Gazette vertel dat hulle in ekstase is oor hul verkiesing vir die uitvoerende raad van Cape Town TV.
“Ons beskou Bernice Hendricks se verkiesing vir die uitvoerende raad van Cape Town TV as ‘n besonderse mylpaal. Hierdie eer wat ons te beurt geval het, is nie net tot voordeel van Macassar Our Pride nie, maar ons gemeenskap in geheel sal gewis daarby baat vind,” het Jackson gesรช.
Hy het bygevoeg dat prosesse aan die gang is om jong mense in verskeie afdelings van digitale media op te lei. Dit sluit in basiese vaardighede in kreatiewe skryfkuns, fotografie, videografie, programaanbieding en klankbeheer.
“Ons is opgewonde dat Cape TownโTV bereid is om bystand te verleen ten opsigte van die bemagtiging van ons jongmense in Macassar,” het Jackson gesรช.
Volgens Afrika, die sameroeper van Macassar Our Pride, kan kykers uitsien na wonderlike vooruitsigte in hul Kom Kuier Saam-program.
“Ons beplan om voortaan niรฉ net ons ateljeegaste tot Macassar-rolspelers te beperk nie; daarom is ons tans in die proses om rolspelers uit omliggende gebiede โ veral die Helderberg-omgewing โ te identifiseer,” het Afrika gesรช.






You must be logged in to post a comment.