Maatskaplike hulpwerkers Cassidy Swarts en Hendricka Schoeman met Candice Hering
Maatskaplike hulpwerkers Cassidy Swarts en Hendricka Schoeman met Candice Hering.

Maatskaplike hulpwerkers Cassidy Swarts en Hendricka Schoeman met Candice Hering
Altesaam 23 tieners uit gemeenskappe in Somerset-Wes het drie dae lank nuwe lewensvaardighede tydens ‘n bemagtigingskamp by die Hendonpark- vakansie-oord in Gordonsbaai aangeleer. Die kamp is van Dinsdag 7 tot Donderdag 9 Oktober deur die kinderbeskerming-afdeling van ACVV Somerset-Wes vir kinders tussen 11 en
18 jaar uit Lourensiapark, Chris Nissen-park, Donkerbos en Garden Village aangebied. Die kinders het opleiding in bewustheid, selfvertroue, spanwerk en emosionele intelligensie ontvang. “Die kamp was aanvanklik vir pleegkinders bedoel, maar ons het besluit om dit vir ander kinders op ons gevallelading te open,” sê Cassidy Swarts, ‘n maatskaplike hulpwerker by ACVV Somerset-Wes en een van die organiseerders. Help Me Network, Candice en Peter Hering, AO Nico Beukes, die Strand-polisie se sosiale-misdaadvoorkoming-afdeling en ACVV- maatskaplike werkers het die program gefasiliteer. Benewens werksessies het die kinders ook ‘n toneelgroep met behulp van die Royal Rangers saamgestel en aan ‘n modeparade met herwinbare artikels deelgeneem. Die kamp het met bevestigings en dankwoorde afgesluit. “Ons bedank graag al die borge wat die kamp moontlik gemaak het,” sê Swarts. Die tieners het komberse van die Strand-Rotariërs en fieterjasie-sakkies van die Hering’s ontvang. Hier staan die maatskaplike hulpwerkers (van links) Cassidy Swarts en Hendricka Schoeman met Candice Hering. Foto: Barend Williams

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article