Gedurende
Junie vier die Wes-Kaapse Bloeddiens (WKB) Nasionale Bloedskenkermaand. In
hierdie maand streef die WKB daarna om mense bewus te maak van die
belangrikheid van bloedskenking en die merkwaardige daad om lewens te red deur
bloed te skenk. Die WKB eindig die feesviering op ‘n hoë noot met die “1 dag – 10 winkelsentrums – 1000 eenhede bloed”-veldtog.
Plaaslike bloedskenkers word aangespoor om more (Saterdag 25 Junie) vanaf 09:00 tot 16:00 by deelnemende winkelsentrums in hierdie winter-uitdaging aan te sluit. Die doel is om 1000 eenhede bloed in te samel om sodoende ‘n genoegsame bloedvoorraad te versker, aangesien insamelings gedurende wintersmaande uitdagend is.
“Ons moedig alle geskikte en potensiële bloedskenkers aan om Nasionale Bloedskenkersmaad te vier deur die grootste geskenk te gee hierdie jaar en tot drie lewens te red met slegs een skenking,” sê Marike Gever, bestuurder van openbare betrekking van die WKB.
Die deelnemende winkelsentrums is Somerset Mall, Blue Route, Kennilworth, N1, Tygervallei, Cape Gate, Promenade, Mountain Mill en Langeberg.
Indien jy tussen die ouderdom van 16 en 75 jaar oud is, 50 kg of meer weeg, ‘n algemene goeie gesondheid handhaaf en ‘n veilige seksuele leefstyl lei, behoort jy te kan bloed skenk. Om jou naaste bloedskenkkliniek te vind, laai gerus die app af, stuur ‘n WhatsApp-boodskap na 060 549 7244 of skakel 0800 625663 of besoek www.wcbs.org.za vir meer inligting



