Wen ’n kajuit vir Oppiwater en ‘Moord aan Boord’

Die MSC Armonia.

Die 13de Oppiwater-kunstefees vaar van 14 tot 19 Februarie 2027 op die MSC Armonia van Durban na Mosambiek se tropiese eilande, Pomene en die Portugese Eilande.

En ’n leser van Die Papier kan ’n kajuit vir twee, alle etes en gratis toegang tot alle vertonings van sy of haar keuse wen, ter waarde van R50 000.

Frans Swart, die feesdirekteur en hoof van Lefra Produksies, sê: “Dit is vir my belangrik dat die Oppiwater-kunstefees steeds ’n kunstefees in die ware sin van die woord bly. Juis daarom is ons baie opgewonde oor die debuutproduksies wat op die MSC Armonia première.”

Daar is ’n splinternuwe klug, Sterretjies en Stertjies; ’n nuwe drama deur Kobus van der Schyff-Smal, Dit wat merke los; en ’n huldeblykproduksie aan Johnny Cash en June Carter, Johnny’s June!

Vanjaar word ook die eerste moordmisteriespeletjie, Moord aan Boord, aangebied, waaraan feesgangers kan deelneem.

Die sluitingsdatum vir deelname aan die kompetisie is Vrydag 7 November. Lesers kan onbeperkte inskrywings stuur. Die wenner word op Vrydag 13 November aangekondig.

Die goeie nuus is dat mense wat intussen besluit om te bespreek, ook vir die prys in aanmerking kom indien hulle aan die kompetisie deelneem.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos