Con Spirito Eisteddfod – Fichardtpark Primêre Skool het tydens die Con Spirito Eisteddfod geskitter met hulle kultuurtalent. Die Fichies het onlangs hul talente met trots en passie ten toon gestel tydens die Con Spirito Eisteddfod. Hulle resultate was eenvoudig fantasties!
Met harde werk en toewyding het die volgende items en leerlinge as itemwenners uit die stryd getree:
- Fichies Blokfluit-ensemble
- Giselle Venter – Solosang
- Kara de Villiers en Carlu Teseling – Redenaars Afrikaans Huistaal
- Mandisa Klaas – Redenaars Afrikaans 1ste Addisionele Taal
Verder is Clara Deacon ook uitgenooi om saam met hierdie wenners aan die Con Spirito Nasionale Forte-rondte in Johannesburg deel te neem.
Hierdie rondte is nie sommer net ’n gewone beoordelingsgeleentheid nie – dit is ’n galavoorstelling waar die beste van die beste weer die kans kry om hul kuns te deel. Om genooi te word, is ’n groot eer en ’n bewys van uitstaande talent en deursettingsvermoë.

“Baie geluk aan elke Fichie wat met trots en flair die skool se naam hoog hou. Julle harde werk en passie vir kultuur maak die hele Fichardtpark-gemeenskap trots!“







You must be logged in to post a comment.