Die Boland Rugby Unie het sopas die 2025 Sanlam Boland Top 12-kompetisie aangkondig – die toppunt van klubrugby in die streek – tesame met drie bykomende premier streekstoernooie: die Super 10 (streekuitdaag), die Super 16 (gemeenskapskild), asook die Super 8 (vroueliga). Al de wedstryd skopaf op 11 Oktober, met die halfindstryde op 15 November en die indstryde op 22 November, wat by Boland Rugbystadion op Wellington gespeel word.
Die Sanlam Top 20 kapteine is gereed vir die afskop van hierdie reuse toernooi. FOTO: Jared Carolus

Die Boland Rugby Unie het sopas die 2025 Sanlam Boland Top 12-kompetisie aangkondig – die toppunt van klubrugby in die streek – tesame met drie bykomende premier streekstoernooie: die Super 10 (streekuitdaag), die Super 16 (gemeenskapskild), asook die Super 8 (vroueliga). Al die wedstryd skop af op 11 Oktober, met die halfeindstryde op 15 November en die eindstryde op 22 November, wat by Boland Rugbystadion op Wellington gespeel word.

Die verdedigende kampioene, Robertson Town RFC, sal drie wedstryde aanbied, net soos vyf ander spanne wat eerste in hul onderskeie Bolandklubrugby streke se Grootuitdaag-kompetisies geëindig het. Spanne wat tweede geëindig het, sal drie wegwedstryde en twee wedstryde op tuisvld speel.

In die eerste ronde is daar ‘n herhaling van die 2023 Sanlam Boland Top 12 eindstryd, met Robertson Town wat Safcol United ontvang, terwyl Roses United vir Vredenburg verwelkom. Worcester Villagers reis na die Overberg om Botrivier te trotseer.

In ronde twee reis Roses United na Boland Park om die 2024 naasbstes, Worcester Villagers, te ontmoet in wat ‘n vermaaklike kragmeting beloof te wees. Die 2023 kampioene, Safcol United, ontvang die Noordweste-kampioen, Delicious, terwyl Vanrhynsdorp Eagles vir Botrivier in die Matzikama-munisipaliteit verwelkom.

“Die Sanlam Boland Top 12 bring hoop en skep ‘n gesonde platform vir Boland se jong talent om vertoon te word,” het Bennie van Rooi, president van die Boland Rugby Unie, gesê. “Ons vier die energie en passie van elke ondersteuner, bestuurspanlid, speler en afrigter.

“Alles hiervan sou nie moontlik gewees het sonder enige van ons borge nie, dankie aan Sanlam, Santam, Vuma, Tekkie Town, Heineken Beverages, Rainbow Chickens, en ons nuutste vennoot, Mama’s Pies. Deur hierdie vennoootskappe kan ons die platform verhef. Hierdie seisoen beloof onvergeetlike rugby vir ons gemeenskappe.”

Sanlam Boland Top 12 spanne:

  • Robertson Town RFC (verdedigende kampioene)
  • Villagers Worcester RFC (2024 naastes)
  • Safcol United RFC (2023 kampioene)
  • Botrivier RFC (nuwelinge)
  • Saldanha Bay RFC (2019 & 2022 opeenvolgende wenners)
  • Roses United RFC (die enigste onoorwonne span van die 2025 seisoen)
  • Vanrhynsdorp Eagles RFC (terugkerende Noordweste-span)
  • Delicious NW RFC (terug in Sanlam Boland Top 12 na 2023)
  • Hillcrest United RFC (naaswenners in vorige Top8 formaat, in 2017)
  • Vredenburg RFC (terugkerende Weskus-span)
  • Wesbank RFC (keer terug na die Sanlam Boland Top 12 sedert 2023)
  • Abbottsdale RFC (terugkerende Swartland-span)

Viwo Jack, voorsitter van 2024 se kamponne Robertson Town RFC, het gesê: “As verlede jaar se wenners is Robertson Town RFC geeerd om die titel te verdedig in wat beloof die moeilikste seisoen tot dusver te wees. Elke klub het hul plek verdien, en die intensiteit sal groot wees. Vir ons gaan die Top 12 oor die eer van ons ondersteuners en die teruggee aan ons gemeenskap deur die spel waarvoor ons lief is.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article