Talle ongelukke in die Mangaung-metro kan voorkom word.
Talle ongelukke in die Mangaung-metro kan voorkom word.

‘n Mosie wat vergesel word van meer as 2803 handtekeninge van inwoners wat vra dat Bloemfontein se paaie veiliger gemaak word, is nie by die raadsvergadering op 29 Januarie aangehoor nie.

Dirk Kotzé, DA-wyksraadslid wat verlede jaar met die versoekskrif begin het, sê daar is baie planne wat gemaak kan word om die stad se gevaarlike paaie veiliger te kan maak.

Inwoners en woonbuurtverenigings help waar hulle kan om paaie veiliger te maak, maar dikwels is dit net tydelike oplossings.

'n Stopstraat wat deur 'n inwoner in Hippocrenestraat geverf is omdat daar geen verkeerstekens is om verkeer met die gevaarlike kruising met Gasconyweg te reguleer nie. FOTO: Lientjie Mentz
‘n Stopstraat wat deur ‘n inwoner in Hippocrenestraat geverf is omdat daar geen verkeerstekens is om verkeer met die gevaarlike kruising met Gasconyweg te reguleer nie. FOTO: Lientjie Mentz


‘n Inwoner wat onlangs van Stellenbosch na Bloemfontein verhuis het, het in ‘n brief aan BloemNuus geskryf hulle raak nog gewoond aan die tekort aan dienslewering hier.

“Ons het wel met ‘n skok die gevolge van hierdie slegte dienslewering eerstehands ervaar. Ons was onlangs by die huis toe ons ‘n harde slag gehoor het. ‘n Minuut of twee later het die huurders van die woonstel op ons erf ingedraf gekom. Hulle was pas in ‘n motorongeluk.”
Die inwoner vertel die rede vir die ongeluk was dat daar geen strepe en geen padtekens by die kruising was nie.

Die kruising van Dersleystraat met Wilcoxweg naby Baysvillage. Daar is geen toegee- of stoptekens nie en geen padtekens op die teer geverf nie. FOTO: Lientjie Mentz
Die kruising van Dersleystraat met Wilcoxweg naby Baysvillage. Daar is geen toegee- of stoptekens nie en geen padtekens op die teer geverf nie. FOTO: Lientjie Mentz

Selmé Pretorius, DA-wyksraadslid hier, sê dit is ‘n reuse-probleem. “Daar is oral in Heliconhoogte en Pentagonpark swak gemerkte kruisings,” sê sy.

Met haar hulp en ná inwoners se ontevredenheid oor motors wat erg in Gascony-singel jaag, het die metro wel die kruising by Danie Pienaarstraat geverf.

Daar is egter heelwat strate waar die verkeersmerke baie dof is of glad nie meer sigbaar is nie. In dieselfde asem is daar ook dikwels geen verkeerstekens of is dit glad nie meer duidelik nie.

Dit is erg genoeg dat sommige motoriste wat daar ry, hul eie reëls opmaak. Erger nog, daar is dikwels besoekers of mense wat saans op vreemde plekke bestuur en nie mooi kan sien waar om te ry nie. In die meeste groot verkeersroetes in die stad is die strepe baie moeilik om te sien wanneer dit saans reën en die paaie blink.

Kotzé sê in sy versoekskrif dat lewens in gevaar gestel word deur swak padtoestande soos slaggate, verweerde padmerke en verkeersligte wat nie reg werk nie.

Die versoek is dat die Manaung-metro se wetgewing verbeter en swaarder strawwe vir oortreders oplê. Hy vra dat die inkomste uit verkeersboetes slegs gebruik word om onderhoud en veiligheid van strate in Mangaung te bevorder.

Leesook: Bloemfontein-vrou se ervaring by ongelukstoneel raak meer as 1,5miljoen mense.

Deel van die versoekskrif is dat spoedkameras in gevaarsones en plekke waar bestuurders onverskillig ry, opgerig sal word.

Daar word ook gevra vir spoedverminderingsmaatreëls soos spoedwalle en verkeersirkels in hoë-risiko-strate in die metro.

‘n Belangrike versoek is dat die metro alle reflekterende padtekens sal herstel, verkeersmerke in die metro sal oorwerf en sal seker maak dat verkeersligte werk.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article