Die gemeenskap vra 'n heining om kinders te beskerm teen treine in Bloemfontein.
Die gemeenskap vra ‘n heining om kinders te beskerm teen treine in Bloemfontein.

Skoolgaande kinders wat in die kwartaal heen en weer oor ‘n spoorlyn loop waar treine daagliks ry, kry met reuse-risiko te doen.

DA-raadslid Hennie van Niekerk van wyk 26 vra ‘n staalheining dringend al langs die spoorlyn tussen Gardeniapark aangrensend aan Wilgehof en Fichardtpark aangrensend aan Hospitaalpark opgerig word.

“Daar is twee voetgoorgange, maar niemand maak daarvan gebruik om oor die spoorlyn te loop nie,” verduidelik hy.

Dit is vuil rondom dié oorgange, en dikwels slaap daar ook mense op die bûre; wat dit ook nie veilig maak vir kinders om daaroor te loop nie.

DA-raadslid Hennie van Niekerk by die voetgangerbrug oor die spoorlyn in Gardeniapark.  FOTO: Lientjie Mentz
DA-raadslid Hennie van Niekerk by die voetgangerbrug oor die spoorlyn in Gardeniapark. FOTO: Lientjie Mentz

‘n Versoekskrif is intussen opgestel wat die Mangaung-metro versoek om in te gryp.

“Daar is talle skole in die gemeenskap,” sê Van Niekerk.

Dit sluit in Jim Fouché, die Laerskool Wilgehof, die Laerskool Sand du Plessis, die Hoërskool Sand du Plessis, die Laerskool Fichardtpark en die Martie du Plessis-skool.

“Kinders wat weerskante van die spoorlyn woon en skoolgaan, stap daagliks hier en dit stel hul lewe in gevaar. Daar is niemand om ‘n ogie te hou of te verseker dat hulle veilig is nie.”

Benewens die skole is die Pasteur-hospitaal in dié omgewing.

LEES OOK: Wilgehof se inwoners ywerig om te leer én doen

Met die versoekskrif word gevra dat ‘n heining opgerig word van Curielaan by die skouterrein, oor ongeveer 1 km tot by die N1-brug by Brandkop.

“Dit sal kinders en alle ander voetgangers dwing om die voetbrûe te gebruik. Dit gee ook die geleentheid om veiligheid rondom die toegange na die voetbrûe te moniteer en op te skerp.”

Die versoek is al die afgelope vier jaar op wyk 25 en 26 van die metro se ruimtelike-ontwikkelingsplan.

“Tot nou is hierdie versoek geïgnoreer,” sê Van Niekerk.

“Daar was oor die jare al talle ongelukke hier, en misdadigers vlug ook gereeld oor die spoorlyn en verdwyn in ‘n ander woonbuurt.”

Hy sê een van die suksesse was die oprigting van spreiligte in 2024, wat help dat die veld hier nie so donker is nie.

Die publiek kan hul stem by die meer as 2649 name voeg wat reeds die versoekskrif geteken het deur die webwerf te besoek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article