Oral oor Bloemfontein oor is daar inwoners en ondernemings wat dit op hulle geneem het om slaggate te vul. Tog is dit juis hulle wat salarisse van munisipale amptenare betaal…
|
Nuwe toevoegings by Hospice Bloemfontein op geselligheid bekend gestel.
Joshlin Smith se ontvoerders wat lewenslange tronkstraf uitdien, het aansoek gedoen om te appèlleer.
Die DA in Mangaung sê die begroting reflekteer leierskap van beeld bo inhoud, vierings bo diens en gerief bo gemeenskap.
Stukkende watermeters en die Mangaung-metro se projek om wanbetalers se water- of elektrisiteitstoevoer te ontkoppel, lei tot talle frustrasies onder huisbewoners.
Vrystaat-Versorging in Aksie het op sy jaarlikse kongres sy nuwe gelukbringer, Mossa, die vrolike mossie, bekend gestel.
Die Ysbeerswem-geleenthede, ter ondersteuning van liefdadigheid, begin eersdaags by verskeie plekke in die land, met talle aktiwiteite op die program.
Vanjaar se Ysbeerswem vind binnekort buite Bloemfonatein op Doringbos plaas. Kry solank die swembroeke, serpe en paddaskoene gereed vir ‘n dapper poging ten bate van liefdadigheid.
‘n Vergadering met inwoners van Wilgehof is verlede week gehou waar Amanda van As, voorsitter van dié Gardeniapark/Wilgehof-woonbuurtvereniging gesels het oor inwoners se betrokkenheid by die vereniging.
‘n Jong vrou van Postmasburg in die Noord-Kaap is ongedeerd gevind nadat sy in dié dorp gekaap en ontvoer is. ‘n Soektog na die verdagtes duur voort.
