Christiaan Lombard werk met rubberstewels aan om die sypaadjie skoon te maak. Foto’s: Verskaf

Eerder as om te bly wag vir die departemente van gesondheid en openbare werke om die terrein in George Holmesstraat, aan die agterkant van die Nasionale Hospitaal, netjies te maak, het lede van die publiek en lede van die VF Plus self ingespring.

BloemNuus het op 17 April berig oor die asbes en mediese afval wat op die terrein lê en het self besoeke aan die perseel gebring. Die geboue wat vroeër deur die departement gesondheid opgerig is met die doel om pasiënte te huisves, maar nooit gebruik is nie en intussen verval het, is afgebreek. Die asbes waarmee die strukture gebou is, moet steeds verwyder word.

Inwoners Andries Peens (links, agter) het die span van die VF Plus geheelp om die perseel agter die Nasionale Hospitaal skoon te maak.

Christiaan Lombard van die VF Plus sê die spuitnaalde en ander mediese afval wat in April op die terrein was, is intussen verwyder.

Dian Botha sny met ‘n bossiekapper die gras op die terrein agter die Nasionale Hospitaal.

Die raadslede het toe verlede week die gras gesny en die rommel op die terrein opgetel. Die Mangaung-metro het die bome op die terrein gesnoei.

Inwoners kla al jare lank oor dié stuk onversorgte terrein, wat by tye vir misdadige aktiwiteite gebruik word.

Raadslede, en selfs wetgewerlede, het al die probleme hier onder die aandag van die LUR vir gesondheid gebring.

Armand Cloete van die VF Plus het al in Januarie ‘n brief aan Monyatso Mahlatsi, Vrystaatse LUR vir gesondheid, gerig oor die gesondheid- en veiligheidsrisiko’s wat die terrein vir inwoners inhou.

In die brief het hy gesê inwoners van Wilgehof wie se eiendomme aan die gebied wes van die Nasionale Hospitaal grens, vra voortdurend dat daar ingegryp word.

David Masoeu, die DA se

woordvoerder gemoeid met gesondheid in die Vrystaatse wetgewer, het ook die terrein besoek en antwoorde by die LURe gevra.

Masoeu het toe gesê die DA is ontsteld oor die departement van openbare werke se versuim om te antwoord op die vraag wat aanvanklik aan die LUR van openbare werke en infrastruktuur gerig is oor die onvermoë om op te tree rakende die verwydering van gevaarlike asbesrommel.

Die DA-raadslid Hennie van Niekerk het die situasie van die gevaarlike puin wat op die hospitaal se perseel lê, onder die aandag van die uitvoerende hoof van die Nasionale Hospitaal gebring.

Ná verskeie vergaderings sonder optrede het Van Niekerk die saak aan die provinsiale wetgewer gerig, waar ingryping gesoek word van die LUR vir gesondheid en die LUR vir openbare werke en infrastruktuur.

Lede van die VF Plus het Woensdag 7 Mei die veld in Goerge Homestraat skoongemaak. Dit is deel van die Nasionaal-hospitaal, maar staan al jare in onbruik en het erg verwaarloos geword. Foto: Verskaf.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article