Die polisie in Bloemfontein is op soek na die man wat net bekend is as Johannes.
Die polisie in Bloemfontein is op soek na die man wat net bekend is as Johannes.

BLOEMFONTEIN – Die Parkweg-polisie vra die gemeenskap om ‘n individu te identifiseer wat in Fleurdal gesoek word vir vermeende poging tot moord.

Sers. Mahlomola Kareli, ‘n woordvoerder van die polisie, sê hulle is op soek na ‘n motorwerktuigkundige net bekend as Johannes.

Hy het na bewering op Vrydag 27 Februarie ‘n 18-jarige slagoffer vergiftig.

Die voorval het die dag omstreeks 11:50 gebeur toe die slagoffer in Barry Richterweg bestuur het en “Johannes” daar in Fleurdal ontmoet het.

Die slagoffer het navraag gedoen oor geld wat hy moet terug ontvang en “Johannes” het met hom ‘n afspraak gemaak om hom 15:00 te ontmoet.

Lees ook: Verdagte dief op heterdaad betrap by kwekery in Bloemfontein.

Kareli sê dat die werktuigkundige het lekkergoed uit sy motor gehaal en dit aan die slagoffer gegee. Die 18-jarige het die lekkers geëet en weggery. Kort daarna het hy erge maagkrampe gekry en intensie pyn ervaar.

Hy is na ‘n vriend se huis toe waar sy toestand vererger het en hy is van daar na ‘n plaaslike hospitaal geneem vir noodbehandeling. Medici het bevestig dat die slagoffer gif ingekry het.

‘n Klag van poging tot moord is by die Parkweg-polisie oopgemaak en die polisie is op soek na die man wat deur die slagoffer as Johannes geïdentifiseer is.

Kareli sê enigeen met inligting kan speurder-sersant Desmond Thokoa van Parkweg by 082 526 2713 skakel of die Stop Misdaad-nommer 08600 10111 skakel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article