BLOEMFONTEIN – Dit gaan onder omstandighede goed met die Kroonstadse veearts JW Eksteen wat verlede week in ‘n wildsongeluk beseer en per helikopter van Clocolan na die Mediclinic Bloemfontein gehaas is.
Danie Minnaar, ‘n familievriend, sê Eksteen se toestand bly kritiek, maar stabiel. Hy ontvang voortgesete gespesialiseerde behandeling in die hospitaal.
LEES OOK: Mediese span kry man blitsvinnig in teater ná buffel-voorval
“Die familie spreek hul opregte dank uit vir die oorweldigende ondersteuning, omgee en gebede wat hulle van die publiek, kollegas en gemeenskap ontvang het gedurende hierdie uitdagende tyd,” sê Minnaar.
Hy doen ‘n ernstige beroep op die media en die publiek om sensitief te wees vir die privaatheid en emosionele welstand van Eksteen se minderjare kinders.




