Raadslede amtpenare van Mangaung moet skuld betaal, sê VF Plus
Raadslede amtpenare van Mangaung moet skuld betaal, sê VF Plus.

Die VF Plus eis dat salarisaftrekkings vir munisipale skuld nie net ’n kosmetiese oefening word nie, maar werklik die skuldkrisis in die Mangaung-metro aanspreek.

Elizabeth Snyman-van Deventer, VF Plus-raadslid, sê hoewel aftrekkings reeds begin het, is die totale agterstallige skuld steeds hoog. Dit laat die ernstige vraag ontstaan of nuwe skuld steeds opgebou word terwyl ou skuld “afbetaal” word.

Die VF Plus eis dat alle raadslede en munisipale werknemers hul lopende rekeninge onmiddellik en volledig op datum hou, en dat dieselfde kredietbeheer op hulle toegepas word as op gewone inwoners, sonder voorkeurbehandeling.

Elizabeth Snyman-van Deventer
Elizabeth Snyman-van Deventer

Verkiesings is om die draai, en skuld mag nie saam met raadslede verdwyn wanneer hul termyne eindig nie.

Die munisipaliteit moet bindende meganismes instel om skuld verhaalbaar te maak.

Aanspreeklikheid begin by die leierskap. As raadslede en amptenare nie hul deel doen nie, het Mangaung geen morele gesag om betaling van inwoners te eis nie.

Lees ook: https://novanews.co.za/bloemnuus/da-in-mangaung-eis-optrede-na-og-verslag/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article