Personeel van National Real Estate (NRE) in Bloemfontein het Vrydag 5 September Loslitdag en Lentedag met oorgawe gevier. Elke afdeling het volgens ‘n tema aangetrek.
Die skuldinvorderings-afdeling se personeel het aangetrek volgens die rolprent Grease. Die deeltitel-afdeling het aangetrek soos konstruksiewerkers. Die kommersiële afeling was Pirates of the Caribbean terwyl die rekeninge afdeling Alienation uitgebeeld het. Daar was ook ‘n groep wat goed sou pas in die sirkus en die verkope-afdeling het geskitter met Neon Glam uit die jare 1980.

Juanita Duncan, NRE se bemarkings-koördineerder wat elke jaar die tradisionele groepsfoto van al die personeel in die Bloemfontein-kantoor neem, sê die span word elke jaar groter en beter.
“Ons het nie net die lente gevier nie, maar ook die verligting wat saam met die somerkragtariewe gekom het. Wat ’n dag vol lag, spanwerk en kreatiwiteit.”




You must be logged in to post a comment.