Onder die 135 vroue wat Saterdag 15 Augustus deelgeneem het aan ‘n Vroue-skietdag by die Arizona-skietbaan, was Nicky Johnson (19).

Niks kon hierdie jong kankerlyer keer om haar droom om te skiet, waar te maak nie.

Nicky Johnson en Zane Koeberg op die Vroue-skietdag op 15 Augustus
Nicky Johnson en Zane Koeberg op die Vroue-skietdag op 15 Augustus. FOTO: Lientjie Mentz

Zane Koeberg van Koeberg Firearms Solutions wat die dag op die skietbaan buite die stad aangebied het, sê Nicky is ‘n voorbeeld vir almal.

Nicky is op drie maande gediagnoseer met Retinoblastoma, ‘n kanker wat eers haar regter en toe haar linker-oog aangetas het. In 2014 het die kanker na haar arm versprei en in 2019 na haar linkerbeen.

Vanjaar het die kanker na haar lewer en regterbeen versprei. Sy het vroeër die jaar bestraling ontvang en gaan volgende week begin met chemoterapie.

Voordag vroue op die skietbaan na teikens geskiet het, het hulle 'n kort lesing ontvang oor die veilige hantering van 'n vuurwapen.
Voordat vroue op die skietbaan na teikens geskiet het, het hulle ‘n kort lesing ontvang oor die veilige hantering van ‘n vuurwapen. FOTO: LIentjie Mentz

Ondanks pyn van die aggressiewe kanker, is sy ‘n positiewe jong vrou.

Haar ma, Lenova, sê jy sal langs Nicky sit en sy sal baie pyn hê, maar sy sal niks sê nie.

Lenova sê Nicky het die vroue-skietdag baie geniet en die instrukteurs van die Arizona-skietbaan was wonderlik. “Hulle het net nog koeëls gaan haal sodat sy kan aanhou skiet,” sê Lenova.

Drie van die deelnemers aan Saterdag se skietdag was van links Lucinda Campbell, Chevonne Baardman en Verna Smith
Drie van die deelnemers aan Saterdag se skietdag was van links Lucinda Campbell, Chevonne Baardman en Verna Smith. FOTO: Lientjie Mentz

Zane sê Saterdag was ‘n groot sukses. “Elke vrou wat vandag by hierdie hek ingekom het, het ‘n storie. Elke vrou wat hier is, het haar eie stryd. Of dit emosioneel is of gesondheid. Ek wil vir julle sê, julle is almal unstoppable.”

Lees ook: Skoot van die hart: Romanse bloei op skietbaan op Vrouedag.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article