‘n Leerder aan die Hoër Meisieskool Oranje is as die Vrystaat se senior vrouekrieketspan se speler van die jaar aangewys.
Simoné Mouton (gr. 10) het ‘n droomseisoen agter die rug. Sy het verlede jaar as 15-jarige vir die seniors begin speel en het in haar eerste eendag-
en ook haar eerste T20-wedstryd 50-talle gemoker: 59 en 52, onderskeidelik.
Simoné spog met ‘n hoogste telling van 59 lopies, nie uit nie.
Sy het ook reeds die Vrystaat verteenwoordig as lid van die o.16- en o.19-span.





