Joe Deetlefs by 'n teiken op die Generaal De Wet-skietbaan op De Brug.
Joe Deetlefs by ‘n teiken op die Generaal De Wet-skietbaan op De Brug.
NovaNews

Suid-Afrika se top-skuts laat die skote klap in Bloemfontein


BLOEMFONTEIN – Skote het Saterdag 4 Junie opgeklink vanaf die Generaal De Wet-skietbaan op De Brug buite Bloemfontein waar die Suid-Afrikaanse Bisley-unie se Nasionale Langafstand-skietkampioenskap plaasvind het.

Skuts van oor die land heen, insluitende die 16 Protea-skuts wat binnekort in Engeland aan die wêreldbyeenkoms gaan deelneem, het die naweek karagte op die skietbaan gemeet.

Die verrigtinge het Donderdag 2 Julie begin en die prysuitdeling het Saterdag plaasgevind.

Henk Vente en Jan Cilliers lê aan op die Generaal De Wet-skietbaan
Henk Venter, kaptein van die Protea-span, en spanmaat Jan Cilliers lê aan op die 900 m-platvorm in die naweek se Langafstand Bisley-kampioenskap op die Generaal De Wet-skietbaan op De Brug. Foto’s: Lientjie Mentz

Protea-span

Onder die 16 Protea-skuts is die Bloemfonteiner Joe Deetlefs van die Bloemfontein Militêre Bisley-klub.

Hy sê die skietbaan op De Brug waar hul kampioenskap die naweek plaasgevind het, is een van die drie grootstes in die wêreld. Die ander twee bane van hierdie grootte, is in Amerika.

“Die vorige wêreldbyeenkoms in 2023 is op hierdie baan aangebied. Dit is vir ons ‘n voorreg om hier op die Generaal De Wet-skietbaan te kan deelneem.”

Die twee vroue  is van links Tiana Deetlefs en Natie Borrett du Plooy
Die twee vroue in die Protea Bisley-span wat in Augustus in Engeland gaan deelneem, is van links Tiana Deetlefs en Natie Borrett du Plooy. FOTO: Lientjie Mentz

Die Protea-span het in 2023 die spankompetisie gewen en Hermann Rolfes is ook in 2023 as die wêreldkampioen in die F TR-klas (teikenskiet met ‘n teleskoop) aangewys.

Rolfes, wat ook die naweek aan die kompetisie op De Brug deelgeneem het, isook ingesluit in die Protea-span en gaan sy titel op die kompetisie van 10 tot 16 Augustus in Bisley, Engeland, verderdig.

Titel verdedig

Henk Venter, kaptein van die Protea-span, sê die naweek se kampioenskap waar skuts van oor Suid-Afrika heen meegeding het, dien terselfdertyd as ‘n oefenkamp vir die nasionale span.

Hy sê die Suid-Afrikaners gaan voor die wêreldkampioenskap eers van 3 tot 8 Augustus aan die Britse F-klas Ope deelneem.

“Dit sal ons skuts baie help om aan die baan waarop die wêreldkampioenskap plaasvind, gewoond te raak.”

Wenners in die langafstand Bisley wat van 2 tot 4 Julie in Bloemfontein gehou is.
Die top-skuts in die naweek se kompetisie is van links Joe Deetlefs (5de), Jan van Tonder (3de), Natie Borrett (algehele wenner), Rudie Potgieter (2de) en Dirk Labuschagne (4de). FOTO: Verskaf

Venter sê elke baan is uniek en bied sy eie uitdagings. Daarom dat die Britse kompetsie vir die span baie waardevolle oefening sal bied.

Nie net gaan Rolfes baie internasionale teenstand op die skietbaan hê as hy sy titel moet verdedig nie, maar uit eie geledere is daar ook sterk kompetisie.

Een van die twee vroue in die Protea-span Natie Borrett du Plooy van Benonie, het van 11 tot 18 April in Vereeniging op die Suid-Afrikaanse Bisley Ope die F-TR-klas gewen.

Op dié kampioenskappe het Borrett Du Plooy 15 afdelings gewen.

Natie Borrett du Plooy (regs) en haar man. Willem du Plooy
Natie Borrett du Plooy (regs) en haar man. Willem du Plooy. Hier is sy met die medaljes wat sy in April op die Nasionale Bisley Kampionskap gewen het. Willem het jare gelede vir Musgrave gewerk en ontwikkel haar ammunisie en maak seker dat haar geweer in ‘n kompeterende toestand is. FOTO: Verskaf

Sy was ook die naweek die topskut in die langafstand-kompetisie.

Die naweek se langastand-kampioenskappe het oor die afstande 700m, 800m en 900m plaasgevind.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • BloemNuusExpress – E-Edition – 2 Julie 2026
    Bloem Express E-Edition

Gift this article