Ellmer Lategan is in Mosambiek aan 'n hartaanval oorlede.
Ellmer Lategan is in Mosambiek aan ‘n hartaanval oorlede.

Oud-sakeman van Bloemfontein sterf in Mosambiek

, ,

BLOEMFONTEIN – ‘n Voormalige sakeman van Bloemfontein en Kaapstad en die laaste tyd ‘n inwoner van Melkbosstrand, Ellmer Lategan (63), is verlede week in Mosambiek aan ‘n hartaanval oorlede.

Hy was saam met sy vrou van baie jare, Erika, op vakansie om hul aftrede te geniet, toe hy dood is.

Die Lategan-familie met Ellmer heel links. FOTO: Verskaf
Die Lategan-familie met Ellmer heel links. FOTO: Verskaf

Lategan laat hul twee kinders Renaldó en Ricardó, sy skoondogter Annchen en hul twee kleinkinders agter.

Die familie tref nog reëlings om sy oorskot uit Mosambiek na Suid-Afrika terug te bring. Begrafnisreëlings sal bekend gemaak word sodra die proses afgehandel is.

‘n Woordvoerder van die Lategan-familie sê hulle spreek hul opregte dank uit tenoor almal wat hulle met gebede, boodskappe van ondersteuning en meegevoel bystaan.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article