Gebede dra Bloemfontein-seun ná hartstilstand, operasie

Gebede gaan op vir Neil Shaw (10), wat in die pediatriese waakeenheid van die Mediclinic Bloemfontein is. Foto: Verskaf

Gebede dra Bloemfontein-seun ná hartstilstand, operasie

Gebede gaan op vir Neil Shaw (10), wat in die pediatriese waakeenheid van die Mediclinic Bloemfontein is. Foto: Verskaf


’n WhatsApp-groep wat vanoggend kort ná 06:00 gestig is, het teen 13:00 meer as 600 mense opgehad wat vir ’n jong leerling van die Laerskool Willem Postma bid wat Saterdag-middag ’n hartstilstand gekry het.

Mense oor die stad heen dink in gebede aan Neil Shaw (10), wat in ’n kritieke toestand in die Mediclinic Bloemfontein se pediatriese waakeenheid is.

Gebede gaan op vir Neil Shaw (10), wat in die pediatriese waakeenheid van die Mediclinic Bloemfontein is. Foto: Verskaf

Hy is Saterdag na die Emoyamed-hospitaal gehaas waar hy gestabiliseer is, waarna hy in Mediclinic opgeneem is.

’n Operasie waarin ’n pasaangeër ingeplant is, is vanoggend vroeg suksesvol op hom uitgevoer.

’n Vriendin wat die groep begin het, sê sy het dit gedoen sodat Neil se ouers, Willie en Lerie, mense wat vir hul seun bid op die hoogte kan bring.

’n Bidgroep het vanoggend by die skool saamgekom, waartydens mense 40 minute aaneen vir Neil gebid en hom aan die Here opgedra het.

Lianie Myburg, ’n vriendin, sê in Markus 2 het Jesus ’n verlamde man genees danksy sy vriende se geloof.

“Ons as vriende en familie kan nou intree en met outoriteit bid.”

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • BloemNewsExpress – E-Edition – 20 August 2026
    Unstoppable. That was the theme of the Women’s Day shooting event hosted by Koeberg Firearm Solutions on Saturday 15 August. Experienced women shooters, as well as first-timers, had the chance to fire different weapons on the shooting range – assisted by experienced instructors of the Arizona Shooting Range. Read the remarkable story of a young woman fighting cancer who fulfilled her dream of shooting a firearm at the event on bloemnewsexpress.co.za. Women getting the day’s activities off to a start are from the left Lucinda Campbell, Mollie Groenewald, Meloney Shariff and Karin de Wet. More photos online. PHOTO: Lientjie Mentz

Gift this article