Gr. 1 se oulike mondeling het Instagram-blad aan die gons

Elk met ’n beker warm sjokolade in die hand is van links Liam en Henry Shaw, Heléne Moore, Hein en Neil Shaw.Foto: Verskaf

Gr. 1 se oulike mondeling het Instagram-blad aan die gons

Elk met ’n beker warm sjokolade in die hand is van links Liam en Henry Shaw, Heléne Moore, Hein en Neil Shaw.Foto: Verskaf


’n Gr.1-leerling van die Laerskool Willem Postma se oulike Engelse mondeling-les wat op die skool se Instagram-profiel versprei is, het in ’n japtrap 400 000 mense bereik.

Klein Henry Shaw se Engelse mondeling oor sy gunsteling-dag het vinnig mense se aandag getrek.

In sy mondeling sê hy sy gunsteling-dag is Maandag, Dinsdag, Woensdag, Donderdag, Vrydag, Saterdag en Sondag wanneer sy pa Willie Shaw vir hom warm sjokolade in die bed bring.

“Elke dag van die week het een ding in gemeen wat my hart en my magie warm maak. Elke oggend maak my pa my wakker met my gunsteling-drankie: warm sjokolade. Warm sjokolade voel vir my soos liefde en ek kry elke dag liefde.”

Willie maak elke oggend vir al vier sy seuns warm sjokolade.

Henry se boetie, Hein, is ook saam met hom in die klas. Hul ouer broers Neil (gr. 3) en Liam (gr. 5) was ook in juf. Heléne Moore se gr. 1-klas.

Hulle het al vier saam geoefen aan Henry se mondeling wat mamma Lerie Shaw help skryf het. Sy was self van 1988 tot 1994 ‘n leerling van Willem Postma.

Sien die video hier:Henry Shaw se mondeling

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • BloemNewsExpress – E-Edition – 20 August 2026
    Unstoppable. That was the theme of the Women’s Day shooting event hosted by Koeberg Firearm Solutions on Saturday 15 August. Experienced women shooters, as well as first-timers, had the chance to fire different weapons on the shooting range – assisted by experienced instructors of the Arizona Shooting Range. Read the remarkable story of a young woman fighting cancer who fulfilled her dream of shooting a firearm at the event on bloemnewsexpress.co.za. Women getting the day’s activities off to a start are from the left Lucinda Campbell, Mollie Groenewald, Meloney Shariff and Karin de Wet. More photos online. PHOTO: Lientjie Mentz

Gift this article