BloemNews
-
Die hoewegemeenskap van Estoire, Olive Hill en Vaalbank-suid het ’n fonds gestig om die vervalle paaie in dié omgewing te herstel.
-
-
’n Munisipale amptenaar met ’n bedenklike werkgeskiedenis is die Mangaung-metro se nuwe tussentydse waarnemende munisipale bestuurder.
-
Met honderde ongelukke en voorvalle van misdaad wat hier aangemeld word, is die vervalle toestand van die Parkweg-polisiekantoor vir personeel en besoekers ’n nagmerrie.
-
-
Kinders moet genoeg kalsium inkry, maar as hulle nie van melk hou nie, moet ouers maar planne maak. Hier is twee oulike resepte.
-
Hoewel die laatsomer-reënbuie ons nog ’n paar keer sal verras, kan Bloemfonteiners uitsien na heelwat heerlike dae met die ideale weer om hul gunsteling-aktiwiteite te beoefen – of om dit sommer net te geniet om buite te wees.
-
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het met toetse in die nuwe aanwending van bestaande medisyne ’n deurbraak in die moontlike behandeling van hemofilie (bloeiersiekte) gemaak.
-
Ná ’n stilte weens die talle inperkings wat Covid-19 teweeg gebring het, is die vroue van die Helen de Munnik-suikergilde weer voluit aan die gang.
-







