BloemNews
-
Martelize Brink se boek Oor die Kole wat pas vrygestel is, is propvol idees vir ’n heerlike ete oor die kole. Alles van ontbyt en braaihappies, steaks, lam en beesvleis, pruttende potte, vark, hoender, seekos ander bykosse en heerlike poedings is op die spyskaart in Oor die Kole.
-
Tydens die groot reünienaweek van oudstudente en oud-dosente van die destydse Bloemfonteinse Onderwyskollege (BOK) van 30 September tot 1 Oktober in die stad, was daar ’n sigbare band wat almal saambind.
-
Bloemfonteiners word genooi om ’n verskil te maak in ’n splinternuwe fees wat die ATKV-Bloemfontein-gemeenskapsteatertak op 3 Desember by die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke gaan aanbied.
-
Twee mans het Woensdag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op klagte van besit van gesteelde goedere nadat die standbeeld van Sand du Plessis wat voor die Sand du Plessis-teater gestaan het, verdwyn het.
-
Die span van Oud-studente het vanjaar die Vrystaatse muurbalwinterliga, wat van April tot einde September gestrek het, gewen.
-
Die Aurora-alkohol-en-dwelmsentrum bied Saterdag (15/10) om 09:00 ’n reünie vir voormalige pasiënte aan.
-
Die Laerskool Willem Postma se musiekblyspel Sirkus word Vrydag (14/10) om 18:00 en Saterdag om 14:30 en 18:00 in die Sand du Plessis-teater opgevoer.
-
Die Engo-sentrum vir bejaardes in Bloemfontein het verlede week sy 80ste bestaansjaar met koek, musiek en saamkuier gevier.
-
Dit was ’n dekade gelede. Vrydag 5 Oktober 2012. Dit was Die kind se sesde verjaardag. Hy wil ’n hond hê. Pa en ma sug. Maar, so gesê, so gedaan.
-
Vrae het ontstaan nadat ’n bronsbeeld van Sand du Plessis, wat voor die Sand du Plessis-teater was, by ’n skroothandelaar beland het.







