Danny Melaat, o.18-driesprongkampioen.


Drie leerlinge aan die Hoërskool Jim Fouché (JF) het die afgelope skool­vakansie uitstekend presteer in Atletiek Suid-Afrika (ASA) se nasionale kampioenskap.

Dit het van 21 tot 23 Maart in die Pilditch-stadion in Pretoria plaasgevind.

Danny Melaat is as die Suid-Afrikaanse o.18-driesprongkampioen aangewys nadat hy met ’n afstand van 14,54 m gewen het.

Bertie Cruywagen, ’n matriek­leerling, het ’n derde plek in die 200 m vir mans o.20 behaal, met ’n tyd van 20.79.

Danell Oelofse was algeheel derde in die 2 000 m-hindernisnommer vir vroue o.18, in 07:17.49.

Op die Suid-Afrikaanse skole­atletiekbyeenkoms, wat van 3 tot 6 April in die Paarl aangebied is, het Bertie as deel van die o.19-aflosspan ’n goue medalje verower.

Hy het ook twee silwermedaljes in die o.19-afdeling – in die 100 m en 200 m – verwerf.

Danell het brons in die 2 000 m-hinderniswedloop vir meisies o.17 verwerf.

Atlete wat vierde plekke behaal het, is Dayon Melaat (o.17) in verspring, en Ruan Kruger (seuns o.17) in hamergooi.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article