Skote klap by meenthuiskompleks in Langenhovenpark toe rowers voertuig met kontant kaap

Die Villa Bain-meenthuiskompleks in Langenhovenpark, waar die voorval plaasgevind het. FOTO: BloemNuusExpress FOTO: Verskaf
Die Villa Bain-meenthuiskompleks in Langenhovenpark, waar die voorval plaasgevind het. FOTO: BloemNuusExpress FOTO: BloemNuusExpress

Skote klap by meenthuiskompleks in Langenhovenpark toe rowers voertuig met kontant kaap

Die Villa Bain-meenthuiskompleks in Langenhovenpark, waar die voorval plaasgevind het. FOTO: BloemNuusExpress FOTO: Verskaf
Die Villa Bain-meenthuiskompleks in Langenhovenpark, waar die voorval plaasgevind het. FOTO: BloemNuusExpress FOTO: BloemNuusExpress

‘n Gewapende rooftog waarin ‘n voertuig met ‘n onbekende bedrag kontant by die Villa Bain-meenthuiskompleks in Langenhovenpark gebuit is, word deur die polisie ondersoek nadat verdagtes Vrydagaand toegeslaan en met die geld op die vlug geslaan het.

Tydens die voorval op Vrydagaand 15 Mei, omstreeks 20:30, het die slagoffer skote op die verdagtes afgevuur toe sy wit Toyota Hilux met kontant by die kompleks gekaap is.

Volgens beskikbare inligting het verskeie betrokkenes in die veiligheidsbedryf, waaronder private veiligheidsmaatskappye, buurtwagte, die SAPD en AfriForum, kort na die voorval op die toneel aangekom.

Die Villa Bain-meenthuiskompleks in Langenhovenpark, waar die voorval plaasgevind het.
Die Villa Bain-meenthuiskompleks in Langenhovenpark, waar die voorval plaasgevind het. FOTO: BloemNuusExpress

Niemand is in die voorval beseer nie. Die gekaapte voertuig is later in die Universitas-woonbuurt teruggevind, maar die kontant waarna die verdagtes glo gemik het, is steeds soek.

Hoeveel geld in die rooftog gesteel is en presies hoeveel verdagtes by die aanval betrokke was, kon nog nie bevestig word nie.

LEES OOK: Wellingtonse man, seuntjie en skoonma ongedeerd ná kaping

Volgens Christo Groenewald, distrikskoördineerder van AfriForum in Bloemfontein, het die organisasie se buurtwag onmiddellik gereageer nadat die voorval op die Langenhovenpark-veiligheidsgroepe gedeel is.

Lt.kol. Thabo Covane, woordvoerder van die Vrystaatse SAPD, het bevestig dat ‘n saak van gewapende roof by die Bainsvlei-polisiekantoor geopen is en dat die ondersoek voortduur.

Die verdagtes is nog nie aangekeer nie en die polisie doen ‘n beroep op enigeen met inligting oor die voorval om hul naaste polisiekantoor te kontak.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article