Ds. Deon Potgieter, voorsitter van die plaaslike tak van die Botaniese Vereniging van Suid-Afrika by die bordjie in die Adelaide Tambo-biblioteek. Die foto is in 2025 aan die begin van die projek, geneem.

Dit was teruggee-tyd, sê man agter nuwe tuin in middestad

,
Ds. Deon Potgieter, voorsitter van die plaaslike tak van die Botaniese Vereniging van Suid-Afrika by die bordjie in die Adelaide Tambo-biblioteek. Die foto is in 2025 aan die begin van die projek, geneem.

Die Adelaide Tambo-biblioteek in Bloemfontein se middestad spog deesdae met ‘n besonderse inheemse tuin.

‘n Geselligheid is Saterdag 9 Mei gehou om die pragtige tuin aan belangstellendes te wys.

Die Vrystaatse tak van die Botaniese Vereniging van Suid-Afrika (BotSoc) is in Julie 2021 versoek om die tuin van die Adelaide Tambo-biblioteek te herontwerp.

Die pragtige inheemse tuin wat nou by die Alelaide Tambo-biblioteek spog.
Die pragtige inheemse tuin wat nou by die Alelaide Tambo-biblioteek spog. FOTO’S: Lientjie Mentz

Die biblioteek op Wardenplein tussen Charles- en Henrystraat in die Bloemfonteinse middestad, is deur die Mangaung-metro se Adopt-a-Park-program aangeneem en werk het begin. Vyf jaar later kan die publiek wat dié biblioteek besoek, ontspan tussen die pragtige plante in die skaduwee van die bome wat al dekades lank hier waak.

Ds. Deon Potgieter, voorsitter van die Vrystaat-tak van BotSoc, sê geen van die plante wat in die tuin groei, is gekoop nie – die plante was skenkings van individue en ondernemings soos Webbers en Kloppers het ook bydraes gemaak.

Hy sê die projek is vir hom in ‘n groot mate ‘n teruggee-projek.

As jong seun van so ses jaar oud het my ma my na die biblioteek gebring, waar ek ‘n groot liefde vir lees ontwikkel het. Hierdie is my kans om ná baie jare dankie te sê vir die wonderlike werk wat die mense by die biblioteek doen en dat die ruimte steeds vir die publiek toeganklik en mooi is.’

Van die plante kom uit sy ouma Millie Crause se tuin en is kosbare erfenisplante wat hier nuwe lewe aan die tuin bring.

Bankies onder die groot ou bome voor die biblioteek waar besoekers kan rus.
Bankies onder die groot ou bome voor die biblioteek waar besoekers kan rus.

Ronel Jacobs van die biblioteek, sê dit is lekker om te sien hoe die publiek die tuin gebruik. Die Mangaung-metro het vier bankies geskenk wat geverf is en nou sitplek in die koelte van die groot bome daar bied. Webbers borg reeds steeds 2021 die instandhouding van die tuin.

Die plaaslike Vrystaatse Nasionale Botaniese Tuin het ook plante geskenk vir die tuin.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • BloemNewsExpress – E-Edition – 4 June 2026
    BloemNewExpress

Gift this article