Hannelie Klopper (direkteur van First Technology Central) saam met Arnold Sharp (stigter van die First Technology-groep) op die openingsgeselligheid van die nuwe kantoor in Bloemfontein. FOTO’s: Lientjie Mentz

Die splinternuwe gebou van First Technology Central in Bloemfontein is onlangs in gebruik geneem.

First Technology, wat ‘n groep van 65 ondernemings insluit, is die grootste verskaffer van private inligtingstegnonologie-oplossings in Suid-Afrika.

Die groep is ook die grootste verskaffer van Microsoft-sagteware in Afrika.

Die splinternuwe gebou van First Technology in Dan Pienaar. FOTO: Verskaf

First Technology spesialiseer in rekenaar-infrastruktuur, hardeware en ‘n hele reeks sagteware, asook ‘n groot verskeidenheid skryfbehoeftes.

‘n Eenstop-winkel word gebied vir alles wat vir die kantoor benodig word.

Arnold Sharp het First Technology 40 jaar gelede gestig. Sedert die beginjare het dié onderneming gegroei tot ‘n groep maatskappye wat produkte en waarde-toegevoegde dienste verskaf, alles daarop gemik om ondernemings te help om tegnologie-uitdagings oor veranderende tye heen te navigeer.

Arnold Sharp (in blou) vroeër saam met die bouspan op die nuwe perseel. FOTO: Verskaf

Hannelie Klopper, direkteur van First Technology Central, sê hul intrek by die nuwe dubbelverdiepinggebou in Genl. Hertzogstraat, Dan Pienaar, lui ‘n wonderlike nuwe fase vir dié onderneming in.

“Die gebou is verseker ‘n baken in Bloemfontein en ‘n bewys van vooruitgang,” meen Klopper.

Die span wat die nuwe kantoor van First Technology in Bloemfontein moontlik gemaak het, is van links Monique van Vuuren (Qualicon Construction), Jacques Nortje (Kramer Weiman), Seigio Nunes (XO Architechts), Ralph Rex (stadsbeplanner), Luan van Tonder (Qualicon Construction) en Louis Badenhorst (Qsite).

“Dit is ‘n wonderlike omgewing waarin ons die nuwe gebou kon oprig. Werknemers bring driekwart van hul lewe by die werk deur, en dit was vir my byvoorbeeld baie belangrik dat die gebou baie natuurlike lig inlaat en ‘n veilige werkomgewing bied.

“Personeel is die grootste bate van ‘n onderneming, en hierdie stap was beslis ‘n belegging in die welstand van ons onderneming en sy mense.

Van die personeel van First Technology Central in Bloemfontein is van links Chantelle Jardim, Jenine van der Merwe, Michelle Griessel, Ansie Jacobs, Carla Scholtz en Semone Opperman.

“First Technology Central se groei is grootliks te danke aan die mense wat al so lank saam met ons ‘n pad stap – ons werknemers, asook ons klante.”

Klopper sê instap-klante kan steeds die perseel in die Dan Pienaar Mall besoek, waar hulle dieselfde uitstekende diens sal ontvang.

Van die gaste op die openingsgeselligheid is van links Werner Pretorius (Emoyamed), Jaco Groenewald en Samantha Cilliers (albei van Bloemcare).

Sy verduidelik die opleiding van personeel, om te verseker dat hulle met die nuutste produk-kennis toegerus bly, is ‘n voorkeursaak.

“Om hierdie rede is ons personeel kundig wat betref ‘n wye reeks produkte en dienste.

“Ons glo aan goeie diens, met goeie produkte teen die regte prys.”

First Technology Central verskaf produkte en dienste oor die hele Vrystaat en Noord-Kaap heen, asook in Lesotho.

Sharp, wat op Woensdag 25 Maart op die geselligheid was om die opening van die nuwe kantoor te vier, sê hy is beïndruk met wat die tak al bereik het.

Hy het Klopper en haar span gelukgewens en hulle voorspoed vir die toekoms toegewens.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article