Anton Goosen is hoofkunstenaar op die Laerskool Willem Postma se musiekfees. Foto: Verskaf

Willem Postma vier 80 j. met fees van musiek met Anton Goosen


Die gewilde Afrikaanse musikant Anton Goosen is die hoofkunstenaar op die Laerskool Willem Postma se musiekfees.

Die skool vier vanjaar sy 80ste bestaansjaar met ‘n baie besonderse fees: 80 Jaar van roem en faam word van 7 tot 9 Augustus in die Sand du Plessis-teater aangebied.

Saam met Goosen tree die bekende kitaarspeler Illimar Neitz op.

Plaaslike kunstenaars soos Jacobus Silwer en drie oudleerlinge − Gerduan Kemp, Wiesner Hecter en Ju-Hanco Minnaar (hoofsanger van Nikotien) − tree ook op.

Die simfonieorkes en koor van die Hoër Meisieskool Oranje, asook Grey-kollege se boereorkes, sal boonop aan die musiekfees deelneem.

Willem Postma se musiekfees, wat in samewerking met Pick n Pay Preller Walk aangebied word, word met ‘n massakoor-optrede deur al die leerlinge van dié skool afgesluit.

Kaartjies vir die drie vertonings, op 7, 8 en 9 Augustus, kos R280 en is op webtickets.co.za beskikbaar.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article