Record number of Smart ID card issued in 2025/26.
Die departement van binnelandse sake wil alle groen strepieskode-ID-boeke wat nog in omloop is met die veiliger slim-ID kaart vervang.

Binnelandse Sake versnel vervanging van groen ID-boeke

Record number of Smart ID card issued in 2025/26.
Die departement van binnelandse sake wil alle groen strepieskode-ID-boeke wat nog in omloop is met die veiliger slim-ID kaart vervang.

Die dae van Suid-Afrika se bekende groen strepieskode-ID-boek is getel. Die departement van binnelandse sake versnel sy plan om dié dokument met die veiliger Slim-ID-kaart te vervang nadat dit geidentifiseer is as een van die identiteitsdokumente wat die meeste op die Afrika-vasteland vervals word.

Minister van binnelandse sake, dr. Leon Schreiber, beweer dat sowat 16 miljoen groen ID-boeke is steeds in omloop, maar die regering is vasbeslote om dit geleidelik uit te faseer en deur moderne biometriese Slim-ID-kaarte te vervang.

Waarom die groen ID moet verdwyn

Volgens Schreiber is die groen ID-boek uiters kwesbaar vir bedrog omdat ‘n fisiese foto maklik vervang of verander kan word. Indien die dokument verlore raak of gesteel word, kan misdadigers dit manipuleer deur eenvoudig ‘n ander foto daarin te plaas.

 Hy waarsku verder dat die ontwikkeling van kunsmatige intelligensie (KI) dokumentbedrog nog makliker maak, aangesien misdaadsindikate nuwe tegnologie gebruik om identiteitsdokumente te vervals.

Slim-ID’s nou by meer banke beskikbaar

Om die oorskakeling te versnel, het die Departement sy vennootskap met die banksektor uitgebrei. Suid-Afrikaners kan reeds by meer as 178 banktakke landwyd vir ‘n Slim-ID aansoek doen.

Die doel is om hierdie diens teen die einde van die jaar na 750 banktakke uit te brei, insluitend takke in landelike gebiede waar inwoners voorheen beperkte toegang tot Binnelandse Sake-dienste gehad het.

Nuwe biometriese stelsel op pad

Die uitfasering van die groen ID vorm deel van ‘n groter plan om Suid-Afrika se identiteits- en migrasiestelsel te moderniseer. Die regering het onlangs aangekondig dat ‘n Intelligente Bevolkingsregister geskep sal word wat biometriese data van elke persoon in Suid-Afrika sal bevat.

Terselfdertyd sal nuwe regulasies ingestel word om die misbruik van Verkeersregistrasienommers (TRN’s) te bekamp en die veiligheid van die land se identiteitsstelsel verder te versterk.

Bedrog en identiteitsdiefstal in die visier

President Cyril Ramaphosa het gesê die uitfasering van die groen ID-boek is ‘n belangrike stap om identiteitsdiefstal, dokumentbedrog en die misbruik van identiteitsdokumente deur misdaadsindikate en ongedokumenteerde immigrante te bekamp.

Met veiliger Slim-ID-kaarte, beter biometriese tegnologie en groter toegang tot dienste, hoop die regering om Suid-Afrika se identiteitsbestuur te verbeter en terselfdertyd die grondwetlike regte en menswaardigheid van alle inwoners te beskerm.

Bron : SAnews.gov.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article