Die Afrikaanse televisiekanaal kykNET het die TV-benoemings in 16 kategorieë vir die 2026 Silwerskermtoekennings vir Film en Televisie bekendgemaak. Dit sluit ’n nuwe kategorie vir beste aanbieder in ’n dokumentêre program in.
Die TV-wenners asook die beste speelfilm en beste filmakteurs, word op Saterdag 22 Augustus by die glansryke afsluiting van die Silwerskermfees in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) aangekondig.
“Vanjaar se benoemings is ’n vertoonvenster vir die briljante werk in hierdie klein, wêreldklas-bedryf. kykNET gee met beskeidenheid en groot respek erkenning aan die verbeeldingryke wêrelde wat opgetower is deur dromers, harde werkers, en skeppers wat nie net iets het om te sê nie, maar ook weet hoe om ’n storie te vertel. Hierdie stories is kultuur-spesifiek en nooit generies nie. Dit voeg werklik soveel betekenis tot kykers se lewens by,” sê Waldimar Pelser, direkteur vir Premium-kanale by Multichoice.
Niggies lei
Niggies, ‘n onstellende dramareeks gegrond op die ontvoering en moord van twee niggies in Odendaalsrus in 1966, lei met 11 benoemings. In die kategorieë vir ‘n telenovella of sepie spog Suidooster met agt en Skemergrond met sewe, benoemings.

Die Kantoor en Magda Louw oorheers die benoemings vir komedie. Die drie benoemdes vir Beste hoofspeler in ‘n komedie is: Albert Pretorius (Flip, Die Kantoor), Desiré Gardner (Magda Louw) en Hannes van Wyk (Erhard in Magda Louw).
Van Wyk spog met nog twee benoemings; vir Beste aanbieder in ’n leefstylprogram (Kwêla) en vir Beste aanbieder in ’n gesels- of aktualiteitsprogram (Hannes aan huis), terwyl Pretorius ook benoem is vir Beste akteur in ’n drama vir sy rol as Gustaff Fouché in Niggies.
Shimmy Isaacs is benoem vir Beste aktrise in ’n telenovela of sepie vir haar rol as Erika Pienaar in Skemergrond sowel as vir Beste byspeler in ‘n komedie as Lynette in Magda Louw.



Rian van Heerden is twee keer benoem in die kategorie Beste aanbieder in ’n dokumentêre program vir Schuster en Brakpan Chronicles asook vir Beste aanbieder in ’n vermaaklikheidsprogram (Wie word ’n miljoenêr).
Die toekenningsgeleentheid word Sondag 23 Augustus om 19:00 op kykNET uitgesaai. Die name van die aanbieders en spesiale kunstenaars wat gaan optree, sal later bekend gemaak word.
Die TV-benoemings vir die 2026 Silwerskermtoekennings vir Film en Televisie is:
Beste hoofspeler in ’n komedie
- Albert Pretorius (Flip) – Kantoor (S1)
- Desiré Gardner (Magda Louw) – Magda Louw (S3)
- Hannes van Wyk (Erhard) – Magda Louw (S3)
Beste byspeler in ’n komedie
- Daniah de Villiers (Emma) – Kantoor (S1)
- Gert du Plessis (Joubert) – Kantoor (S1)
- Ilse Oppelt (Joanne) – Kantoor (S1)
- Schalk Bezuidenhout (Tjaart) – Kantoor (S1)
- Shimmy Isaacs (Lynette) – Magda Louw (S3)
Beste byspeler in ’n telenovela of sepie
- Arno Greeff (Tristan) – Suidooster
- Denver Vraagom (ds. Wayne) – Skemergrond
- Gretchen Ramsden (Patty Paulsen) – Skemergrond
- Gustav Gerdener (Johan) – Binnelanders
- Kay Smith (Shandy/Laylla) – Suidooster
- Mila Guy (Liné) – Suidooster
Beste nuweling in ’n telenovela of sepie
- Ayden October (Junior Louw) – Skemergrond
- Cole Wessels (Tino) – Suidooster
- Izette Blignaut (Petro) – Binnelanders
- Judi Hattingh (Jenna) – Suidooster
- Xander Venter (Marco Viljoen) – Diepe waters
Beste akteur in ’n telenovela of sepie
- Charlton George (JP Louw) – Skemergrond
- Dann-Jaques Mouton (Ruan Smit) – Skemergrond
- Dean Smith (Wade Daniels) – Suidooster
- Germandt Geldenhuys (Louis) – Binnelanders
- Irvine van der Merwe (Nazeem Jacobs) – Suidooster
- Justin Strydom (Gys Swarts) – Diepe waters
Beste aktrise in ’n telenovela of sepie
- Devonecia Swartz (Christine van As) – Skemergrond
- Jawaahier Petersen (Kaashifa Mansour) – Suidooster
- Je-ani Swiegelaar (Naomi) – Binnelanders
- Marlee van der Merwe (Ella) – Binnelanders
- Sandi Schultz (Zelda Joubert) – Diepe waters
- Shimmy Isaacs (Erika Pienaar) – Skemergrond
Beste akteur in ’n drama
- Albert Pretorius (Gustaff Fouché) – Niggies (S1)
- Beer Adriaanse (André Fourie) – Niggies (S1)
- Brendon Daniels (Johan Diederiks) – Die nuusmakers
- Carel Nel (At van Wyk) – Niggies (S1)
- Jacques Bessenger (Ruan van Wyk) – Een keer om die son (S2)
- Neels Clasen (Willem de Villiers) – Spoorloos: Losprys (S5)
Beste aktrise in ’n drama
- Diaan Lawrenson (Lisa) – Appels en tee (S1)
- Erica Wessels (Ousus Nel) – Niggies (S1)
- Lorcia Cooper-Khumalo (Rozlynne Joshua) – Breekpunt (S1)
- Rolanda Marais (Adri Joubert) – Die nuusmakers
- Tinarie van Wyk Loots (Henriette) – Appels en tee (S1)
Beste manlike byspeler in ’n drama
- Danny Ross (Brad Samson) – Breekpunt (S1)
- Heinrich Wentzel (Elijah Smith) – Een keer om die son (S2)
- Ian Roberts (Jakkals) – Appels en tee (S1)
- Jacques Bessenger (Dries Fourie) – Niggies (S1)
- Janru Steenkamp (die jong André Fourie) – Niggies (S1)
- Neels Clasen (Henning Nel) – Niggies (S1)
Beste vroulike byspeler in ’n drama
- Bianca Langedyk (Annie) – Appels en tee (S1)
- Cintaine Schutte (Henda Nel) – Niggies (S1)
- Daneel van der Walt (Francia Theron) – Niggies (S1)
- Jana Kruger (Santjie Schoeman) – Niggies (S1)
- Kim Cloete (Mandy Baker) – Breekpunt (S1)
- Roeline Daneel (Maks Fouché) – Niggies (S1)
Beste aanbieder in ’n leefstylprogram
- Marco Botha – Santam Megaboere (S7)
- Natie Ferreira – Fanaties (S1)
- Leah – Lottoland Help ’n dorp (S4)
- Lundi Khoisan – Fiësta (S27)
- Hannes van Wyk – Kwêla (S27)
- Johan en Zanelle Dorfling – Bou of breek (S1)
- Jan Scannell – Jan Braai vir Erfenis (S15)
- Joalette de Villiers – Op pad met my potjie (S2)
Beste aanbieder in ’n vermaaklikheidsprogram
- Rian van Heerden – Wie word ’n miljoenêr (S5)
- Elwira Standili – Koortjies met Elwira Standili (S6)
- Aden Thomas – Sê jou sê (S5)
- Brendan Peyper en Bobby van Jaarsveld – Ander dam se eende (S1)
Beste aanbieder in ’n realiteitsprogram
- Herman Lensing en Yolani Abrahams – Kokkedoor: Son & see
- Reandi Grey – Boer soek ’n vrou (S17)
- Ruan Smith en JP Smith – Op my eish!
- Cameron Saaiman – Moer ’n boer
Beste aanbieder in ’n gesels- of aktualiteitsprogram
- Hannes van Wyk – Hannes aan huis (S12)
- Lee-Ann van Rooi – Waar daar ’n wil is (S2)
- Lourensa Eckard – In Gesprek (S10)
- Rian van Heerden – Laataand by Rian (S4)
- Wicus Pretorius – Wie’s Nuus? (S6)
- Lyntjie Jaars en Pietman Geldenhuys – Oppiestoep (S10)
Beste aanbieder in ’n dokumentêre program
- Govan Whittles – Govan ontbloot
- Frank Opperman en Frankie Opperman – Frank
- Dr. Rudi van Vuuren en Marlice van Vuuren – Groen Namibië
- Rian van Heerden – Schuster
- Rian van Heerden – Brakpan Chronicles
Beste ensemble-aanbiederspan
- Hamilton Wessels, Rika Calitz, Breyton Paulse, Bakkies Botha, Jonathan Mokuena, Jannie du Plessis, Rikus de Beer, Tommy Dickson (Chef Vaatjie), Jean de Villiers – Toks en Tjops
- Dawie Roodt, Leon Gropp, Corli Prinsloo, Charlene Lackay – Ontbytsake
- Pierre Breytenbach, Jennifer Myburgh, Su-an Müller-Marais – Die Groot Ontbyt
Die legendes vir lewensbydraes in die televisiebedryf word einde Julie aangekondig.
Die wenners van die kykNET Silwerskermfees se ander kategorieë sal ook op Saterdag 22 Augustus tydens ’n oggend-toekenningsgeleentheid by The Bay-hotel aangekondig word.
Kaartjies vir die Silwerskermfees is by Quicket beskikbaar.
Die kykNET Silwerskermfees word deur Stad Kaapstad, Vuma, die Dagbreek Trust, Village ’n Life en die Nasionale Rolprent- en Videostigting (NFVF) geborg.
LEES OOK: Groot verskeidenheid plaaslike stories wag by 14de kykNET Silwerskermfees







You must be logged in to post a comment.