Die internasionale bek-en-klousiekte konferensie in Kaapstad is deur veeartse in Suider-Afrika, invloedryke amptenare, boere, entstofvervaardigers, besluitnemers van die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO), en baie ander.
Die internasionale bek-en-klousiekte konferensie in Kaapstad is deur talle rolspelers bygewoon, behalwe die regering.

Die afwesigheid van die Suid-Afrikaanse regering het die onlangse internasionale beraad oor bek-en-klouseersiekte (BKS) in Kaapstad oorheers en groot frustrasie in die landbougemeenskap en veeartsenykundige sektor veroorsaak.

Al die relevante rolspelers – insluitend vooraanstaande veeartse, entstofvervaardigers, VN-organisasies soos die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO), die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) en die Pirbright-verwysingslaboratorium – was teenwoordig, behalwe die Departement van Landbou. Selfs die Wes-Kaapse regering, wat net kilometers van die konferensiesaal funksioneer, het nie opgedaag nie.

Volgens ’n senior VN-amptenaar is “afwesigheid die grootste struikelblok in die stryd teen BKS.” Die gebrek aan regeringsdeelname skep kommunikasieklofte, belemmer die uitvoering van kundige aanbevelings, en vererger die skeiding tussen die privaatsektor se ervaring en die regering se besluitnemers.

Verskeie deelnemers het bevestig dat die meeste buurlande hul insette gelewer het en bereid is om saam te werk, terwyl Suid-Afrika in sy afwesigheid geïsoleerd staan.

Die regering se afwesigheid is die grootste struikelblok in die stryd teen BKS. Die gebrek aan regeringsdeelname skep kommunikasieklofte, belemmer die uitvoering van kundige aanbevelings, en vererger die skeiding tussen die privaatsektor se ervaring en die regering se besluitnemers.

Hierdie patroon van owerheidsafwesigheid strek oor jare. Dr. Danie Odendaal, voormalige lid van die Ministeriële Taakspan van veeartse, het herhaaldelik gewaarsku oor die gebrek aan teenwoordigheid van senior amptenare by kritieke vergaderings. Binne die sektor ontstaan daar ’n “ego-kamer”, waar besluite geneem word sonder die nodige regeringsinsette of aanspreeklikheid.

LEES OOK: Landbou-organisasies gaan hof toe oor bek-en-klouseer maatreëls

In die praktyk het die Department van Landbou, na die opflikkering van BKS in November 2024 in noordelike KwaZulu-Natal, eers na vyf maande ’n siektebestuursgebied verklaar en die inentingsproses van stapel gestuur – tydens welke vertraging die siekte na ander provinsies versprei het.

Pogings van die privaatsektor om die noodsaaklike virusmonsters na internasionale laboratoriums te stuur, is ook gefnuik, aangesien slegs die staat daartoe gemagtig is.

Vroeër was die beheer oor BKS gesien as ’n staatsverantwoordelikheid – met padblokkades, bewegingbeheer en gesamentlike optrede. Ongelukkig was daar die afgelope dekade min sigbare optrede vanaf die regering, veral tydens krisisse soos die huidige. Boereorganisasies rapporteer dat hulle voortdurend die ontbrekende inisiatief self probeer aanvul, maar gebonde is aan wetlike beperkings en die afwesigheid van beleidsvernuwing.

Intussen het president Cyril Ramaphosa BKS as ’n nasionale ramp verklaar. Landbou Minister John Steenhuisen het onderneem dat die regering die volle koste van inenting sal dra, met ’n teiken om 80% van die nasionale kudde teen Desember 2026 te immuniseer. Die sukses van dié operasie, waarsku die bedryf, hang egter af van daadwerklike samewerking, tydige beleidsrigting en werklike teenwoordigheid van die departement.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article