Affies gaan hulle 2026 seisoen met 'n spreekwoordelik 'bang' begin. In die eerste maand speel hulle reeds teen Paul Roos, Oakdale, Durbanville en Waterkloof.
Zirk Meyer, was een van die Witbulle se staatmakers in 2025.

Affies gaan hulle 2026 seisoen met ‘n spreekwoordelik ‘bang‘ begin. In die eerste maand speel hulle reeds teen Paul Roos, Oakdale, Durbanville en Waterkloof.

Hulle toets hulleself ook teen die ‘groot vyf’ van Suid Afrikaanse skole rugby (Paarl Gimnasium, Paarl Boys High, Grey College, Affies en Paul Roos)

Volgens Ruan Jacobs, Affies se hoof van Rugby, is dit hoe mens die beste uit ‘n program uit kry. Om teen die beste te speel.

“Ons het nie maklike wedstryde nie. Elke naweek moet die ouens aangeskakel wees, elke wedstryd gaan taai wees. Ons wil altyd alles wen, maar weet dit gaan nie net gebeur nie. Ek wil vir hierdie groep wys dat hulle dit kan doen,” het hy gesê.

Die Affies breiers het reeds begin beplan met die skool wat volgende week begin is dit nou die geleentheid om seker te maak die planne is in plek.

“Ons het so vier weke waar ons aan en af begin oefen. Ek sê maar aan en af omdat daar nog Water Polo, Krieket en Atletiek is waar seun betrokke gaan wees. Hierdie groep het toe hulle o.16 was, die beste in die Noorde maar het meestal teen die Kaapse skole verloor. Ek wil hê hulle moet wys dat hulle verbeter het en vanjaar hulle eie maak,” verduidelik Jacobs.

Die beplanning vir Affies is noodgedwonge aangepas nadat Ruan se broer Neill wat Affies se direkteur van rugby en o.16A afrigter was, na die Bulle toe gelok is.

“Ons gaan ‘n paar skuiwe maak, ek gaan ekstra administratiewe take aanvat, maar ons bevoorreg met so baie talentvolle mense in die struktuur dat daar nog altyd maar gebeurlikheidsplanne was,” het Jacobs verduidelik.

Om ‘n maklike wedstryd uit te pluis vir die Witbulle is amper onmoontlik, behalwe vir die groot vyf, speel hulle vanjaar teen Jeppe, KES, Michaelhouse, Noordheuwel, Garsfontein, Waterkloof, Grey High, Oakdale en uiteindelik teen Pretoria Boys High School. Dié wedstryd lok elke jaar duisende ondersteuners. Alhoewel die Witbulle in die laaste paar jaar die oorhand oor die “Candies” gekry het, bly dit ‘n groot emosionele dag vir beide skole.

“Ons kan op ons louere rus nie. Daar is te veel geskiedenis in ide wedstryd. Pretoria Boys High gaan vuur in hulle oë hê vir die een. Ons wil mik om 28 uit die 28 wedstryde op die dag te wen, maar weet dit is nie ‘n gegewe nie,” het Jacobs gesê.

Affies se o.16 groep van 2025 was besonders sterk en met die werk wat met vanjaar se matriek groep ingesit is, kan hulle ‘n sterk seisoen beleef.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article