Vrystaat-Kampioene – Primêre Skool Jordania se o.13A-netbalspan is as Vrystaat-Kampioene gekroon na ‘n onoorwonne seisoen.
Op Vrydag 5 Junie 2026 het Jordania se o.13A netbalspan hul naam met trots in die geskiedenisboeke geskryf. Hulle is tydens die Vrystaat Netbalkampioenskappe in Welkom as Vrystaat Kampioene gekroon.
Hierdie talentvolle span het reeds hul krag gewys deur onoorwonne te eindig in beide die Wesgrow Netballiga én die TBM Netballiga. Dit is ’n bewys van hul deursettingsvermoë en spanwerk.
Die hele Jordania-skoolgemeenskap is ongelooflik trots op hierdie meisies se puik prestasie. Nou wag ’n nuwe uitdaging vir die o.13A-netbalspan se Vrystaat-kampioene. Hulle gaan deelneem aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe wat op 24 en 25 Julie 2026 in Middelburg, Mpumalanga plaasvind.
“Met soveel talent en vasberadenheid glo ons dat hulle ook daar ’n sterk stempel gaan afdruk. Ons wens elke speler sterkte en seën toe vir die groot toernooi!”




